Vreemde goed gebeur altyd jaareinde. Dit is of bevordering of afdanking tyd vir sommige mense. En jaareinde is dikwels ‘n tyd wanneer ongewilde of duur wetgewing aangekondig word.
Suid Afrika het nie ‘n aftreedatum vir petrol fo diesel enjin voertuie nie. Maar in baie wêrelddele, veral Europa, is 2035 ‘n baie belangrike sperdatum. Dit is die datum waarvolgens geen meer nuwe petrol of diesel enjin voertuie in Europa verkoop mag word nie.

2035 en jou enjin keuses
Die nagevolge van die 2035 wetgewing is reusagtig. Omdat Europa so ‘n groot wêreldmark is, met baie ooreenkomstige modelle wat ook in Suid Afrika verkoop word, is die aftreedatum vir petrol en diesel enjins oor slegs 10 jaar, ‘n groot kopseer.
Wat as jy nie ‘n battery aangedrewe bakkie wil hê nie, maar geen keuse teen 2035 het nie, omdat die Europese wette so baie invloed het?
Dan is daar ook die nywerheid kwessie, vir Suid Afrika se ekonomie. Omdat baie Suid Afrikaans geboude voertuie, soos Ford se Ranger, se grootste mark Europa is, is enige groot wetgewing verandering wat daar gebeur ook invloedryk vir ons plaaslike mark.
Die mark besluit
Maar 2035 gaan nie meer gebeur nie. Met krag en energiepryse wat hemelhoog is in Europa, sukkel gemiddelde kopers en motorvervaardigers. Die insetkoste om battery voertuie te bou, sonder enige vername battery fabrieke in Europa, is net te hoog vir tradisionele motorvervaardigers om winsgewend te wees met goedkoop battery motors.
Vraag, aanbod en prys is eenvoudig heeltemal uit ritme met mekaar. Met Europese belasting voordele vir elektriese voertuie wat oor die laaste twee jaar baie vernou het, insluitende ‘n nuwe per kilometer belastingheffing vir battery voertuie in Brittanje, is dit beleid chaos in Europa.
Al hierdie invloede het politieke leiers gedwing om Europa se 2035 doelstelling vir nuwe voertuie te herroep. Jy sal steeds in 2035 ‘n nuwe petrol of diesel motor in Europa kan koop. Wat ‘n paar jaar gelede as ‘n rotsvaste sperdatum aanvaar is, is nou vervaag en verander.

Wat beteken die 2035 aanpassing vir jou?
Vir Suid Afrika het dit groot nagevolge. Met die plaaslike motorbedryf wat swaar steun op uitvoere na Europa, is die verandering en vervaging van die 2035 wette ‘n goeie uitkoms. Suid Afrika het eenvoudig nie die vermoë om battery voertuie te bou vir uitvoer na Europa nie.
Plaaslike vervaardigers kan baie topgehalte hibried modelle bou, soos BMW bewys het met die X3 in-prop hibried wat in Rosslyn gebou word. Maar nie groot kapasiteit battery elektriese voertuie nie.
Buiten die verbeterde langtermyn uitsig vir Suid Afrikaanse geboude modelle soos Ranger, X3, en Polo, is die ontspanning van die 2035 wetgewing ook goeie nuus vir plaaslike kopers.
Europese uitlaatgas wetgewing het ‘n groot invloed op die beskikbare enjins en toekomstige kragbron ontwikkeling wat gemaak word, vir alle wêreldmarkte. Met die aanpassing van 2035 wette, kan Suid Afrikaanse bakkie kopers weet dat daar nog volop diesel enjins beskikbaar sal wees, verby 2035.
Met die tydlyn wat nou nuwe petrol en diesel enjins sal toelaat verby 2035, hoef Suid Afrikaanse aanhangers van luukse Duitse voertuie en geharde diesel veldry bakkies nie meer te vrees dat hulle uit petrol of diesel enjin opsies sal hardloop, teen 2035 nie.
Woorde en insigte deur Lance Branquinho

