Dubbelkajuit bakkies is ongelooflik gewild in die Suid Afrikaanse mark. En dit is nie net vir mynwerk spanne, boere, jagters, en avontuurlustige kopers nie.

Die gewildheid van 4x2 bakkies, met luukse binneruim afwerking, bewys dat hierdie bakkies in beginsel die Duitse luukse sedan vervang het, as middelklas Suid Afrikaners se gunsteling rygoed.

Dubbelkajuit bakkies maak baie sin vir plaaslike toestande. 'n Duitse A4, 3 Reeks, of C-Klass gaan klippe kou op enige grondpad. En die waarheid is dat meeste langnaweke of vakansie roetes, dele grondpad insluit. Suid Afrikaners wat uit die stede wil ontsnap vir gesinstyd, besef dat die beste bestemmings aan die einde van 'n stuk grondpad is, en soek 'n voertuig wat sonder moeite daar kan uitkom.

Padnetwerk agteruitgang is 'n ander rede hoekom daar so 'n sterk vraag is na dubbelkajuit bakkies, as gesinsvoertuie. Slaggate verniel laeprofiel bande en groot wiele, twee kenmerke van alle Duitse luukse voertuie, al is dit 'n 4-deur sedan of 5-deur kruivoertuig of sportnustvoertuig.

Bakkie voor en nadele

Dubbelkajuit bakkies gaan nooit jou gesin snags gestrand langs die pad gaan laat na jy teen hoe snelheid 'n slaggat trap nie. Groot bande, met sterk sywande, 'n taai staal leerraam onderstel, en baie vering beweging waarborg dat jou bakkie lag-lag 'n hoësnelheid slaggat wiel botsing kan oorleef.

Maar vir al die grondpad vermoë en slaggat oorlewing wat 'n dubbelkajuit bakkie bied, is daar nadele. Veral vir die meerderheid 4x2 dubbelkajuit eienaars, wat in stede woon.

Bakkies groot en die afmetings voel nog groter, omdat bakkies ook 'n lang asafstand het. Dit beteken reuse draai sirkels en baie angs, wanneer jy 'n nou parkeerplek moet binnegaan, in 'n onderdak parkeer garage. Of dit nou by die plaaslike winkelsentrum, is, of in die malligheid van daai oggend of middag skoolterrein aflaai en optel beurt met die kinders.

Dit blyk dat daar geen ooglopende oplossings is nie. Bakkies raak nie korter of nouer nie. En die asafstande krimp ook nie. Meeste bakkies het reeds onafhanklike voor vering, pleks van vaste aste. Wat meganies help om beter stuurbeweging te skep, vir makliker beweeglikheid.

Is daar 'n oplossing vir die kwessie van dubbelkajuit bakkies wat net te groot en lomp voel vir stedelike bestuur? Daar is. En dit is 'n beproefde oplossing, met baie voordele, sonder belaglike kostes.


Laat die agterwiele werk...

Agteras stuur, of soos party ingenieurs daarna verwys as ‘vierwielstuur’, is 'n opsie op lang, luukse voertuie soos 'n Range Rover. En Duitse weeldemotors soos 7 Reeks en S-Klass. Amerikaanse bakkies, wat reusagtig is, gebruik ook vierwielstuur, soos die nuwe Hummer dubbelkajuit.

Die vierwielstuur stelsel kantel 'n voertuig se agterwiele met 'n paar grade, om te help met stuur aksie. Dit is nie 'n volledige tweeling stuurstel nie – die agterwiele draai net 'n paar grade, en nie met dieselfde hoeke as die voorwiele nie.

Maar daai klein stuurhoek op die agteras, maar 'n reuse verskil. Veral op 'n voertuig met 'n lang asafstand, soos 'n bakkie. Teen parkeersnelhede draai die agterwiele in die teenoorgestelde rigting, met tussen 1- en 5-grade. Dit kan jou dubbelkajuit bakkie soos 'n klein luikrug voertuig laat voel, wat baie minder ruimte nodig het, om in 'n besonder knap parkering te pas.

Teen hoër snelhede draai die vierwielstelsel se agterwiele in dieselfde rigting as die voorwiele. Ook net met 'n paar grade. Die voordeel is baie meer stabiele noodreaksie stuur terugvoer, as jy moet uitswaai om 'n botsing te vermy.

Twee ander voordele, veral vir bakkie eienaars, is slytasie en sleep. Met 'n vierwielstuur stelsel, kan jy natuurlik stuur as jy in trurat beweeg met 'n sleepwa, boot, of waentjie. Jy hoe nie 'n ‘teenstuur’ beginsels toe te pas nie. Dit maak dit baie makliker en veiliger om 'n sleepwa of waentjie te hak, en te parkeer. Teen hoër snelhede werk die vierwielstuur ook gevaarlike sleepswaai bewegings teen.

Beter sleep veiligheid - en band lewe

Die laaste voordeel van vierwielstuur is laer agterband slytasie. Elke keer as jy draai loop jou voorbande in 'n ‘reguit’ loopbaan met die stuurhoek en padoppervlak. Maar die agterbande draai nie, wat beteken dat hulle teen 'n slytasie hoek op die bandskouer ‘sleep’. Dit skep onegalige en vinniger slytasie

Maar as die tegnologie beskikbaar is en deur verskeie luukse motorvervaardigers gebruik word, hoekom is dit nie op 'n R1m dubbelkajuit bakkie nie? Dit is 'n goeie vraag. Veral omdat Amerikaanse bakkies in die 1990s vierwielstuur aangebied het. En toe nooit weer nie.

Met hedendaagse meganiese en elektroniese beheer, is vierwielstuur stelsels kleiner, meer doeltreffend en betroubaar. Hopelik sal Sjinese ingenieurs en produk mense, wat nooit sku is vir slim tegnologie gebruik nie, die vierwielstuur revolusie bring. Want die voordele is omvattend, veral vir stedelinge wat sukkel met die parkeer uitdagings van hul 4x2 dubbelkajuit bakkies.

Woorde en insigte deur Lance Branquinho