VW se bakkie reeks het nou 'n nuwe petrol enjin, wat moontlik die oplossing kan wees vir kopers wat baie langafstand bestuur. Of duine ry.
Amarok is 'n belangrike model vir VW se plaaslike handelaars, omdat die winsgrense in die dubbelkajuit bakkie mark groot is. Vir kopers wat nie deel van die groot plasslike Ranger eienaarskappoel wil wees nie, bied die jongste Amarok al die meganiese voordele van Ranger se T6.1 platform, met 'n eie VW bakwerk en binneruim.
Daar is tegniese eienskappe van die Ranger wat nie op die Amarok beskikbaar is nie. Die belangrikste daarvan is die laaibak se agterhoek ‘boks-trapplek’. Iets was eenvoudig is, maar 'n reuse verskil maak vir enigiemand wat besef hoe gevaarlik dit kan wees om in en uit bakkies se laaibakke te klouter, en al hard geval het, of lae rug beserings opgedoen het.
Al word Ranger en Amarok albei gebou in Silverton, Pretoria, weerhou Ford se produkspan VW daarvan om die boks-trapplek as 'n laaibak opsie aan te bied met Amarok.
Is daar plek vir petrol glansbakkies?
Maar nou bring VW iets na die dubbelkajuit mark wat Ford nie huidig het in die Ranger nie: 'n viersilinder turbopetrol kragbron. Vir die meerderheid Suid Afrikaanse bakkie kopers is enjin keuse maklik: dit is altyd 'n turbodiesel. Petrol enjins is slegs vir nisweegawes, soos Ford se Ranger Raptor, met ‘n hoëverrigting 3-litre dubbelturbo V6.
Turbopetrol enjins het swaarder brandstofverbruik as turbodiesel, en vir bakkie eienaars, is dit 'n hoofkwessie. Hoekom glo VW dat 'n viersilinder turbopetrol Amarok iets besonders kan bied vir sekere dubbelkajuit bakkie koper sin Suid Afrika. Het hulle 'n punt of is dit suiwer bemarkings wensdenkery?
Die nuwe aanvoegsel tot VW se plaaslike bakkie reeks is 'n 2.3 Amarok PanAmericana 4Motion. VW se strategie is om kopers aan die bopunt van die dubbelkajuit mark te teiken, daarom die PanAmericana toerustingvlak, wat 'n 12-duim tikskerm inligtingstelsel, agt luidspreker Harmon Kardon klankstelsel en 10-rigting kragverstelbare voorsitplekke het.
Bestuursbystand en aktiewe veiligheid toerusting is ook breedvoerig. VW se 'n 2.3-liter Amarok PanAmericana 4Motion het aktiewe kopligte, en outonome snelheid beheer wat ander voertuie kan volg. Daar is ook 'n knap elektriese laaibak rol deksel.
Versnelling is net helfde van die storie
Maar die 2.3 Amarok PanAmericana 4Motion se trekpleister is daardie 2.3-liter viersilinder enjin. Dit is 'n dapper enjin keuse deur VW se bemarkingsmense, in 'n mark wat oorheers word deur turbodiesels. Syfers vir die 2.3 is indrukwekkend: 222 kW se kraglewering en 452 Nm se wringkrag.
In 'n datastel beteken daai turbopetrol kragsyfers lewendige versnelling: 0-100km/h in 7.6 sekondes, wat heelwat vinniger is as ander Amarok/Ranger 2-liter turbodiesels of Hilux se 2.8-litrer enjins. Tog is bestuurswaarde van 'n Amarok 2.3 petrol nie slegs 0-100km/h versnelling nie. Dit is ook verbysteekvermoë en sand ry.
Krag klop wringkrag wanneer jy teen snelwegsnelhede 'n ry swaar vragmotors moet verbysteek. Dit is wanneer jy die enjintoere wil kan jaag en vinner, veilig, verbysteek en weer in jou baan kom. En turbopetrol enjins maak baie meer krag, oor ‘m breër enjinspoed, as turbodiesels. Dit is hoekom meeste verrigtingmotors steeds petrol is, en die rede hoekom 'n turbopetrol bakkie beter versnel teen hoër snelhede, as 'n turbodiesel. Ford se Ranger Raptor dien as baie sterk getuienis hiervan…
Wat die 2.3-liter turbopetrol enjin Suid Afrikaanse kopers bied, is 'n dubbelkajuit bakkie wat een van die gevaarlikste bestuurser uitdagings – verbysteek – baie veiliger maak. En daar is ook voordele vir veldry, met die hoëverrigting 2.3-liter turbopetrol enjin.
Wanneer daar stadig, in tegniese veldrytoestande bestuur word, is 'n diesel enjin baas, vanweë die wringkrag teen baie lae enjinsnelhede. Ervare veldryers, wat die uitdagings van Kalahari rooisand en Namibiese duine ken, weet dat hoër snelhede, wiel momentum, en 'n breër beskikbaarheid van enjinkrag al die verskil maak.
Petrol bakkies beter as diesel vir veldry werk?
Die 2.3 Amarok PanAmericana wek 222 kW teen 5900rpm. Baie krag teen baie hoer enjintoere as enige van die mededingende dubbelkajuit turbodiesel enjins. Dit beteken dat wanneer eienaars daai wiele aan die draai moet hou, hoë duin steiltes of kilometers se diep Kalahari tweespoor sand verower, daar oorgenoeg krag en enjinsnelheid is om nie vas te sit nie.
Toyota se in-lyn sessilinder Land Cruiser 70 bakkies word verreweg beskou as die beste Kalahari en Namib sand ry voertuie. En daardie 4.5-liter Toyota enjins het bewys hoe waardevol volhoubare krag, oor 'n breë toeretelling is, vir uitdagende sand ry.
Die blitsiger snelweg verbysteek verrigting en duinry vertroue wat ‘n 222 kW enjin Amarok 2.3 PanAmericana kopers bied, is nie sonder opofferings nie. Brandstofverbruik sal vergelykend hoër wees as 'n turbodiesel, maar vir kopers wat 'n luukse dubbelkajuit bakkie soek met haastige langpadverrigting en uitstekende sand ry vermoë, bied VW se nuwe 2.3 Amarok PanAmericana iets van waarde.