Enigiemand wat al ooit binne 'n garage enige klasieke motor laat luier het, sal bekend wees met die besoedelings stiksel gevoel van 'n ou tegnologie enjin. Maar wanneer jy by 'n onderdak parkeer garage instap, is een van die opvallendste kenmerke die gebrek aan daai stikkende brandstofreuk.

Moderne petrol en diesel enjins is ongelooflik gevorderd. Strawwe wetgewing in plekke soos Switserland, Kalifornië, en Japan, het ingenieurs gedwing om enjins te ontwikkel wat baie skoon brand. En baie krag opwek. 

Hedendaagse petrol en diesel enjins maak baie meer krag as twintig jaar gelede. Loop stiller, skoner en is ook ligter op brandstof. 

Vandag se suiwer verrigtings enjins is iets ongelooflik. Dink verby die heersende gesprek oor BEV voertuie met jul lagwekkende kragsyfers, en kyk bietjie na die kragbronne was luukse voertuig modelle in Suid Afrika aandryf. Meestal 4-liter V8 turbopetrol en 3-liter V6 turbodiesel enjins, met 'n ongelooflike balans tussen kraglewering, versnelling, en brandstofverbruik. 


Die vooruitgang

Luukse gesinsmotors, veral sportnutsvoeturie, het vandag versnelling en verbysteek vermoë wat 'n sportmotor ewenaar. En sonder die buierige laesnelheid bestuurservaring en verhitting kwessies in verkeer; iets was altyd 'n opoffering was vir enjins met baie hoe kraglewering. 

Turboaanjaers met aanpasbare geometrie, hoëdruk direkte inspuiting en gevorderde metale het 'n nuwe reeks enjins geskep wat baie meer krag uit 'n redelik klein slagvolume kan tower. Die voorstaander Duitse 3-liter en 4-liter enjins maak vandag krag wat eens op 'n tyd slegs beskikbaar was in Italiaanse supermotors se reuse V12 enjins. 

Maar al daai wonderwerk verrigting, maak staat op gehalte brandstof. In die markte was ingenieurs gedwing het om beter enjins te ontwikkel, is brandstof suiwerheid van die hoogste gehalte. In Switserland, Kalifornië, en Japan, hoef jy nooit te twyfel oor hoe yster inhoud in jou petrol, of stof, water en onsuiwerhede in jou diesel nie. In Suid Afrika is dit 'n wesenlike risiko. Met baie duur nagevolge. 



Brandstof kwessies

Kragtige en gevorderde petrol en diesel enjins word ontwikkel om met 'n baie suiwer brandstof ontbranding te werk. Die enjins is nie ontwerp om met 'n wisselvallige brandstof gehalte te werk nie. Jou plaasvriende se Land Cruiser 70’s loop dalk sonder klagtes op diesel wat besmet is met onsuiwerhede, maar 'n hoëdruk Duitse 3-liter V6 turbodiesel, het 'n lae meganiese verdraagsaamheid vir liters swak gehalte brandstof. 

Die besoedelings suiwering van 'n hoëverrigting enjin, veral 'n diesel enjin, mak staat op die filtreer en uitlaatgas stelsels. En hierdie stelsels op gevorderde enjins is gebou om meestal op die Euro 6 brandstofstandaard te werk, wat tegnies bereken word op brandstof met 'n suiwerheid gehalte van 15ppm en baie lae sulfaat inhoud. 

Wanneer Euro 6 enjins op swakker gehalte diesel loop, verstop die suiwerings filtreerstelsel. Met 'n verrigting dieselenjin se hemelhoë inspuitingdruk, 1600 bar en hoër, word selfs die kleinste onsuiwerheid in diesel brandstof 'n moontlik skadelike skaafstof. 



Hoekom 'Euro' suiwerheid saak maak

Suid Afrika se brandstof gehalte is nog breedvoerig op die Euro 2 standaard, wat dateer uit die laat 1990s. Jy hoef nie 'n kragbron ingenieur te wees om die spanning te besef tussen so 'n verouderde brandstofstandaard, en die jongste hoëverrigting enjins nie. 

Vir kopers en eienaars van luukse voertuie met hoogs gevorderde enjins, is die risiko moeilik om te ontduik. In stede is brandstofsuiwerheid redelik voorspelbaar, maar wat gebeur wanneer jy die verrigting van daai V6 of V8 enjin wil gebruik vir langpad toer Kalahari of kus toe? In die laaste jaar het kenners in die brandstofbedryf 'n wekroep gelewer oor diesel wat opsetlik besmet word met paraffien, om groothandel volumes oneerlike te vermeerder. 

Suid Afrika het van die wêreld se beste brandstof tegnologie, wat deur Sasol ontwikkel is. Maar die breedvoerige kwessie is dat 'n gesleep met die opknapping van die breë verskaffingsketting, 'n mark geskep het met Euro 2 brandstof en Euro 6 enjins, wat twyfelagtig oor die weg kom. 



Invoer die antwoord?

Oplossings? Die wêreld gaan nie meer vir Suid Afrika wag nie. Produk beplanners by die luukse Duitse motorvervaardigers het in die vroeë 2010s 'n pleidooi begin lewer vir toekomstige brandstof risiko. 

Kopers en eienaars van kragtige, moderne enjins in luukse voertuie verdien beter as die onvoorspelbare brandstofgehalte wat Suid Afrika kus-to-kus ervaar. Die probleem is dat om plaaslike raffinadery infrastruktuur op 'n Euro 6 vlak te kry, 'n groot belegging verg; iets wat niemand wil maak as dit nie deur die regering gedwing word nie. 

Gehalte invoer brandstof is moontlik die enigste oplossing vir Suid Afrikaners wat groot jaarlikse myle op hul hoëverrigting luukse voertuig enjins sit. 

Woorde en insigte deur Lance Branquinho