Verlede jaar het Changan se terugkeer na Suid Afrika begin met bakkies. Maar nou het die Sjinese vervaardigers ‘n goedkoop sedan by die plaaslike reeks gevoeg.

Die huidige mark vir 4-deur gesinsvoertuie is baie klein. Goedkoop sedan voertuie word meestal deur vloot bestuurders of Uber mense gebruik.

Maar daar is nog Suid Afrikaanse kopers wat glo in die waarde van ‘n sedan. Veral omdat jy die laairuimte sekuriteit het van ‘n metaal kattebak.

Enige sedan is ‘n baie veiliger plek is vir jou skootrekenaar, of kinders se sportgoed, as ‘n luikrug of kruisvoertuig se 5de deur. Hoekom? Omdat 'n luikrug of kruisvoertuig se 5de deur, met daai groot agtervenster, al is wat tussen misdaad en waardevolle goed in jou voertuig se laairuimte is. Waar 'n sedan 'n metaal kattebak het.

Changan se goedkoop sedan is die Alsvin, wat terug in 2017 die Sjinese mark betree het. Vreemde naam, maar die bakontwerp is netjies. Sonder enige vreemde dakpanele of vorms, wat duur kan wees om te herstel in ‘n ongeluk.

Changan Alsvin cabin

Sondak maar min lugsakke

Alsvin het ‘n ruim 390-liter kattebak. Maar die binneruim en toerustingvlakke het vreemde beginsels. Jy kry togbeheer, ‘n 7-duim tikskerm inligting en vermaakstelsel, en selfs ‘n sondak. Maar daar is ook net twee lugsakke, pleks van vier of ses.

Die ander kwessie is dat Alsvin slegs ABS het, maar nie elektroniese stabiliteitsbeheer nie. Dit is vreemd dat Changan ‘n sondak, iets wat heeltemal nutteloos is vir die lang Suid Afrikaanse somer, as standaard toerusting het. Maar nie bykomende lugsakke of elektroniese stabiliteitbeheer nie. Bygesê, het iets soos Kia se Pegas, wat ook ? goedkoop sedan is, ook nie bykomende lugsakke of elektroniese stabiliteitbeheer nie.

Ja, daar is regtig 'n 5-spoed duppelkoppelaar ratkas...

Changan se Alsvin bied twee enjin en ratkas keuses. Die intreevlak CS het ‘n 5-spoed handrat, met ‘n 1.4-liter enjin wat baie skaflike syfers maak: 74kW en 138Nm.

As jy bietjie meer krag soek, veral op die hoëveld, en nie hou van die moeite van koppelaar trap en self ratte wissel nie, dan is daar die Alsvin CE. Met ‘n 1.5-liter enjin, wat 78kW en 145Nm lewer, en ‘n baie vreemde ratkas: ‘n 5-spoed dubbelkoppelaar.

Meeste dubbelkoppelaar ratkaste is 7-spoed, veral in Sjinese voertuie. Maar blykbaar het Changan ‘n verskaffer wat bereid is om 5-spoed dubbelkoppelaar ratkaste te bou. Wees altyd versigtig vir die langtermyn duursaamheid van 'n dubbelkoppelaar ratkas as jy daagliks in kruipende verkeer ry. Hoekom? Omdat daai twee koppelaars baie slytasie optel, wanneer jou voertuig teen lae spoed beweeg, sonder versneller aksie, en ‘kruip’ in verkeer.

Soos met enige Sjinese motor, is die Alsvin sedan se prys baie billik. Die 1.4 CS is R238 000 en ‘n 1.5 CE is R271 200. Dit is goedkoper as iets soos Kia se Pegas, waar pryse by R300 000 begin. 

Woorde en insigte deur Lance Branquinho