Isuzu se bakkie en sportnustvoertuig reeks word groot lof toegewaai. Vir betroubaarheid en grondpad ritgehalte.
As die wêreld se grootste diesel enjin vervaardiger, het Isuzu 'n beeld onder bakkie kopers wat baie vertroue bybring. En dit ondanks die feit dat Isuzu se enjins nie klasleiers is met krag of dieselverbruik nie.
Hilux se 2.8 en selfs die baie kleiner Ranger 2.0 enjins maak meer krag en wringkrag as Isuzu se 3-litre viersilinder enjins. Dan is daar die kwessie van n goedkoper enjin, die 1.9, wat net nie groot genoeg syfers wek nie.
Vir Isuzu is die oplossing duidelik 'n derde enjin, Iets wat tussen die 1.9 en 3.0 pas. Daardie enjin is nou ontwikkel en reg vir beide die D-Max bakkie reeks en MU-X. Dit is Isuzu se 2.2-liter viersilinder turbodiesel.
Meer verrigting – minder diesel verbruik
As enjinkodes vir jou belangrik is, ken Isuzu ingenieurs hierdie enjin as RZ4F. Bemarkers en produk mense by Isuzu het besluit dat die 1.9 vervang moet word in verskeie wêreldmarkte. Dit RZ4F 2.2 se sending: om die goue middeweg te vind tussen dieselverbruik en enjinkrag, vir Isuzu aanhangers.
Volgens Isuzu se tegniese datastel, maak die nuwe 2.2 netjiese syfers. Met 120kW en 400Nm. Dit is 'n redelike verbetering oor die 1.9 se 110kW/350Nm.
Wat die nuwe 2.2 se verrigting, verbysteekvermoë en algehele bestuurbaarheid verder verskerp, is 'n beter outomatiese ratkas. Aisin is steeds die 2.2 D-Max en MU-X se ratkasverskaffer, maar die 2.2 dryf deur agtspoed outomatiese stelsel, pleks van die sesspoed wat Isuzu eienaars ken die huidige 1.9 en 3.0.
Daai twee ekstra ratte het verskeie voordele. Verbysteekvermoë op lang, steil heillings, is een. Die ander is meer beheer as jy steel. En laer diesel verbruik, omdat die agtspoed ratkas meer reëlmatig in die enjin se mees doeltreffende toeretelling kan bly.
Hierdie nuwe Isuzu enjin bied meer krag, verrigting, sleep- en verbysteekvermoë. Maar ook laer verbruik, as die 1.9-litre diesel. Werk netjies met die 2.2 versneller en in die beste toestande sê Isuzu dat diesel verbruik kan daal tot 6.6l/100km. Dit klink bietjie optimisties, maar die feit is dit: die 2.2 is ligter op diesel as die 1.9.
Sleep met groter vertroue
Die ander groot voordeel vir bakkie kopers met die 2.2, vergelykend teen die 1.9, is sleepvermoë. Al is die D-Max 1.9 se staal leerraam onderstel taai genoeg om 3.5t te sleep, is daar 'n beperking as gevolg van enjinkrag. D-Max 3.0 sleep maklik 3.5t, maar die 1.9 is beperk tot 3t.
Met die 2.2 diesel enjin se sterker kraglewering en wringkrag, kan D-Max 2.2 bestuurders 3.5t sleep, soos die sterkste 3.0 D-Max bakkies.
Vir al die Isuzu 2.2 diesel enjin se belofte, is daar 'n haakplek vir Suid Afrikaanse kopers.
Isuzu het die 2.2 enjin goedgekeur vir Australië. Die wêreldmark met die mees soortgelyke bestuurstoestande het as Suid Afrika: hitte, woestyn, stof, en langpad ry teen hoë snelhede. Maar daar is nog geen bevestiging dat Isuzu binnekort die 1.9 enjin in D-Max of MU-X sal vervang met die beter 2.2 en agtspoed outomaties nie. Wat jammer is omdat Suid Afrikaanse Isuzu kopers werklik die beter agtspoed ratkas en sterker sleepvermoë sal waardeer.
Woorde en insigte deur Lance Branquinho