Tata se tweede hoofstuk in die plaaslike mark het baie belofte. Maar hoe volhoubaar is Tata se nuwe voertuig pryse onder R200 000?

Sjinese vervaardigers het die waarde en intree prysgrens handboek herskryf vir Suid Afrika. Die hele bedryf word nou gedwing om alles wat geleer is oor prysgrense te herdink. Vir kopers beteken dit laer pryse, of beter waarde, met voertuie wat baie meer veiligheidskenmerke of skermtegnologie bied.

Dit is waar die gesprek oorskakel na Tata se Tiago. Die mark vir goedkoop intreevlak motors het bitter mededinging. Suzuki se S.Presso bied drie weergawes almal onder R200 000. Dan is daar ook die Celerio, wat opsies om en by R200 000 bied. 

Vir kopers wat verby die Sjinese kyk

Ondanks hul oorheersing in die waarde mark, is Sjinese luikrûe. Meestal elektriese motors, ver verby die intreevlak prysgrens van R200 000. Tata mik duidelik vir Suzuki se S.Presso en Celerio besigheid met Tiago, maar hoe vergelyk die tegniese eienskappe, toerustingvlakke en prys?

S.Presso is 'n goedkoop voertuig, ontwerp met die Indiese mark in gedagte. Die bakwerk ontwerp is oulik, maar die 1-litre enjin voel redelik uitasem op Gauteng se snelweë.

Grondpad vermoë is redelik, vanweë die S.Presso se grondvryhoogte was meer is as meeste gewone luikrûe. Maar daai grondvryhoogte skep ook baie kwessies teen hoër snelhede, waar die S.Presso se hoer swaartepunt, nou wielsporing, en klein bande die Suzuki 'n handvol maak om reguit te hou in enige rukwinde.

S.Presso se laairuimte is ook beknop en die klankstelsel is baie gemiddeld.

Al drie van Tata se Tiago modelle het dieselfde struktuur, vering, enjin. Dit is 'n beproefde klein luikrug bakontwerp, met afmetings wat maklik parkeer in en bestuur in nou binnestad areas drukverkeer.

Groter enjin as die Suzuki mededingers

Anders as party ander intreevlak luikrûe, het die Tiago nie 'n 1-liter enjin nie. Tata ingenieurs het besluit op bietjie meer slagvolume, met 'n 1.2-liter driesilinder, goed vir 63kW en 113Nm. Daai enjin verrigtingsyfers is heelwat beter as Suzuki se S.Presso en Celerio 1-liter enjins, wat slegs 50kW en 90Nm opwerk.

Kragverliese as gevolg van hoogte bo seespieël het 'n werklike verbysteek vermoë en snelweg bestuur invloed op klein enjins. Vir Suid Afrikaners wat 'n eerste voertuig of student kar vir hul kinders soek, sal die Tiago se sterker verrigting saammaak in Gauteng.

Maar wat van veiligheid en toerustingvlakke? Tata bemark slegs een van die drie Tiago modelreeks se weergawes onder R200 000. Dit is die XM weergawe en al is sluitweerremme standaard, het hierdie intreevlak Tiago nie elektroniese stabiliteit beheer nie. Dit is iets wat jare gelede dikwels ontbreek op intreevlak voertuie om sekere pryse te haal, wat jammer is.

Elektroniese stabiliteitbeheer is 'n groot redding wanneer daar 'n nood uitswaaiaksie geneem moet word, of nywerheidsvloeistowwe op 'n nat pad, jou bande se meganiese greep uitoorlê.

Tata bied elektroniese stabiliteitsbeheer aan op die Tiago XT en XZ modelle. Maar nie die intreevlak XM nie. En dit maak saak omdat Suzuki elektroniese stabiliteitsbeheer as standaard het vir alle S.Presso en Celerio modelle. Soos die Suzuki mededingers het Tiago twee voorpaneel lugsakke.



Hoe veilig is die klein Tata - werklik? 

Maar wat van die Tiago se frommelstruktuur in ‘n botsing? Goedkoop gesinsmotors het ‘n swak geskiedenis van swak strukturele veiligheid in botsingtoetse.

Suzuki se S.Presso het in 2022 baie swak vertoon in ‘n reeks botsingtoetse, met graderings tussen 0 en 3 sterre in ‘n reeks toetse deur Indiese, wêreldwye en Suid Afrikaanse toetse. In vergelyking het Tata se Tiago 4 sterre behaal in die gesaghebbende Global NCAP botsingtoetse.

Tata se Tiago het ‘n klein 3.5-duim inligting en vermaakskerm. Daar is slegs ‘n USB A laaipunt vir jou foon en digitale toestelle, en nie ‘n tweede USB C punt nie. En geen trurat kamera nie, slegs botsingsensors in die agterbuffer. Die klankstelsel is ook beperk na twee luidsprekers, pleks van vier.

Maar die strukturele botsingveiligheid en enjin verrigting is beter as Suzuki se goedkoop voertuie onder R200 000, en vir Suid Afrikaanse kopers wat waarde en redelike snelweg verrigting soek, sal dit saak maak.

Die vraag is net of Tata daai Tiago 1.2 XM se R184 900 prys sal kan jou vir nog ? kwartaal of twee, deur die einde van die jaar.