• Jy soek 'n dubbelkajuit bakkie as ‘n gesinsvoertuig wat ook die Kalahari en Karoo kan toer, vakansietyd.
  • Maar jy is ook bang vir die diefstal en kaping risiko van 'n Hilux of Ranger.
  • Hier is drie Japannese dubbelkajuit bakkies met al die vermoë en baie minder versekerings risiko, as Toyota en Ford se modelle.

Dubbelkajuit bakkies is baie gewild in Suid Afrika. Vir goeie redes.

As jy ‘n gesinsvoertuig soek wat nie skrik vir slaggate nie, en enige vakansie bestemming kan bereik sonder moeite, is ‘n dubbelkajuit bakkie nommerpas.

Dubbelkajuit bakkies het nou baie van die binneruim gemak en luukshede wat jy in ‘n tradisionele sedan sou kry. Met die bykomstige dra en sleepvermoë wat ‘n dubbelkajuit bakkie so veelsydig maak as ‘n gesinmotor.

Maar Hilux en Ranger is duur bakkies, met baie hoe diefstal en kaping risiko. Wat ook die versekering kostes opjaag, veral afhangend van waar jou bakkie meeste van die tyd parkeer word.

Die goeie nuus is dat daar nog goeie waarde Japannese dubbelkajuit bakkies is wat nie hoe diefstal risiko is nie. Met al die veelsydigheid en tegniese vermoë van ‘n Hilux or Ranger. As jy….

Isuzu D-Max in black in Gauteng

Isuzu D-Max

Die enigste motorvervaardiger wat werklik ‘n bakkie kenner is – omdat dit al is wat hulle doen.

Isuzu is ook die wêreld se grootste diesel enjin vervaardigers – hulle ken van diesel bakkie betroubaarheid.Dit beteken dat Isuzu handelaars net op bakkies werk. En ‘n diep begrip het van wat bakkie eienaars benodig. 

Enjins het nie die beste kragsyfers nie en daai 6-spoed outomatiese ratkaste voel verouderd. Maar al Isuzu se diesel bakkie enjins hardloop op tydreëlkettings, nie tydreëlgordels nie. Dit maak ‘n Isuzu diesel bakkie enjin baie meer betroubaar in die langtermyn. Isuzu se bakkies het ook baie laer diefstal/kaping risiko as ‘n Hilux.

D-Max se vering is aangepas vir plaaslike toestande en deeglik getoets op sinkplaat grondpaaie. Die gevolg is dat Isuzu bakkies besonder goeie stabiliteit op die swakste grondpaaie. Behalwe vir die D-Max Arctic Truck weergawe, wat ‘n verspotlik en swak ombouing is vir plaaslike toestande.

Isuzu se binneruim voel verouderd en die elektroniese baanhou stelsel is veels te sensitief en oorweldigend vir plaaslike toestande.

Beste koop? Die 1.9 turbodiesel dubbelkajuit D-Max modelle is bietjie stadig. Maar 'n 3.0 turbodiesel, in LSE afwerking, is die beste D-Max wat jy kan besit.

Hierdie 3.0 turbodiesel D-Max het ook soveel geremde sleepvermoë soos die dubbelkajuit klasleier, teen 3500kg.

Nuut of gebruikte D-Max dubbelkajuit bakkie? Ons het die beste D-Max bakkies te koop

Nissan Navara Warrior in white in Gauteng

Nissan Navara

Die dubbelkajuit wat steeds soos ‘n bakkie lyk. Navara is dalk amper ‘n dekade oud maar die ontwerp lyk nog treffend.

Nissan se 2.5 turbodiesel enjin het nie die krag om te vergelyk met ‘n Hilux 2.8 nie. Die Toyota het sterker verbysteek- en sleepvermoë.

Enigste dubbelkajuit bakkie met kronkelvere op die agteras en wat ‘n vol 1000kg vrag in die laaibak kan dra (Ranger Raptor het ook kronkelvere, maar baie laer vrag dravermoë). Met daai kronkelveer agteras het Navara beter ritgehalte en hoësnelheid stabiliteit op sinkplaat grondpaaie as ander bakkies.

Binneruim voel oud, met gemiddelde afwerking en beknopte agtersitplek beenruimte.

Nissan is nie meer die krag wat dit eens op ‘n tyd in die plaaslike bakkie mark was nie. Maar onthou dat toe Mercedes-Benz ‘n bakkie platform vernoot moes kies vir X-Klass, het die Duitsers besluit op Navara. Dit getuig van die gehalte tegniese eienskappe, van hierdie Nissan bakkie se ontwerp. 

Die Navara Warrior weergawe bied sterk veldryvermoë sonder om snelweg gemak in te boet. Met al die veldrytoerusting wat jy begeer: Cooper AT3 veldry bande, 270mm grondvryhoogte, en bykomstige enjin/ratkas beskerming.

Nuut of gebruikte Navara dubbelkajuit bakkie? Ons het die beste Navaras te koop

Orange Mitsubishi Triton 4x4 double can om beach in Cape Town front view

Mitsubishi Triton

Sonder twyfel die mees onderskatte bakkie in Suid Afrika. Klein reeks het nie die enjin of afwerking opsies van Hilux of Ranger nie, maar Triton het ‘n beter 4x4 stelsel as beide.

Mitsubishi se laestrekratkas het twee 4H stellings, pleks van slegs een – soos ander dubbelkajuit bakkies. Want aandrywing was slegs in ‘n 50:50 krag verdeling tussen die voor en agteraste sluit, is nie wat jy soek op 'n hoëspoed Karoo grondpad nie.

Triton kan in 4H met ‘n aanpasbare middelewenaar loop. Dit beteken wringkrag word gewissel tussen die voor en agteraste, wat baie beter stuurgevoel en veiligheid bied op hoëspoed grondpaaie.

As jy ernstig is oor veiliger sleep op nat bergpasse, met nou haarnaalddraaie en steiltes, is daar min bakkies wat met die Triton 4x4 kan meeding. Hoekom? Omdat daai SuperSelect se 4H stelsel, beter as enige ander bakkie klou op 'n nat, steil, bergpas teerpad, en verhoed dat jy begin wielgly kry met 'n swaar vrag wat gesleep word. 

Die Triton se 2.4 turbodiesel enjin is nie besonder sterk nie. Maar Mitsubishi se meganiese bougehalte en betroubaarheid is legendaries. En beste van alles, daar is amper geen kaping of diefstalrisiko met ‘n Triton nie.

Nuut of gebruikte Triton dubbelkajuit bakkie? Ons het die beste Tritons te koop

Woorde en insigte deur Lance Branquinho