Suid Afrikaanse kopers is versot op die weelde veldwa, as ‘n gesinsvoertuig. Dit maak sin, omdat baie van die land se beste bestemmings aan die einde van ure se grondpaaie is.

Maar kenners weet dat die beste luukse gesinsmotor nie ‘n sportnustvoertuig is nie. Dit is ‘n weelde gesinsbus. En hierdie is een van die bitter min mark segmente waar Toyota en die Sjinese nie oorheers nie.

Mercedes-Benz se V-Klass is die kroon gesinsbus, met ‘n reuse binneruim en sitplekke met verstellings en beenruimte wat baie beter as enige veldwa sin is. Buiten die V-Klass, bied VW se Transport reeks ook ‘n weelde gesinsbus ervaring. Maar die V-Klass en Transport het albei dieselfde probleem, hierdie is albei duur voertuie met besonders klein enjins, vir hoe groot die bakwerk is.

GAC M8 side view with sliding door open

Gesinsbus het krag nodig

Die V-Klass het altyd V6 turbodiesel enjins gehad wat sonder moeite ‘n volgelaaide gesinsbus teen hoë snelhede op die hoofweg kon aandryf. Maar dit het alles met die laaste reeks verandering verklein na 2.0 turbodiesels.

Mercedes-Benz se 2.0 turbodiesel enjin maak skaflike syfers (174kW/500Nm), maar ‘n 2-liter kragbron gaan altyd besonder hard werk om ‘n groot weeldewa soos V-Klass, aan te dryf, wat altyd die langtermyn instandhoudings risiko en kostes verhoog.

Dieselfde geld vir VW se Transport was ook net ‘n 2.0 turbodiesel aanbied. Dit is ‘n gevorderde diesel enjin, maar ‘n klein turbodiesel werk hard in ‘n groot gesinsbus…

Sjinese voertuigontwikkeling aarsel nooit nie. Vervaardigers het gesien dat een van die min mark segmente waar hul nie ‘n teenwoordigheid het nie, die weelde gesinsbus mark is. Dit is hoekom GAC die M8 ontwikkel het: ‘n luukse drie-ry gesinsbus. Sonder ‘n klein turbodiesel enjin.

GAC M8 interior with business class seats

Uitstekende binneruim gemak

M8 het ‘n oordadige ontwerp, met ‘n reuse sierrooster. Maar kyk verby die verspotlike voorkoms, en daar is ‘n baie luukse binneruim. Met van die beste tweede-ry sitplekke van enige voertuig wêreldwyd beskikbaar.

Sjinese motorvervaardigers verstaan die beginsel van passasier gemak, omdat baie ryk voertuig eienaars in Sjina nie self bestuur nie. Maar eerder op die agtersitplek werk, in verkeer, op pad kantoor. Die gevolg daarvan is dat Sjinese binneruim ontwerpers en ingenieurs besonder baie aandag aan tweede-ry sitplek gemak en verstelling gee.

Die M8 se tweede-ry sitplekke het kantel verstelling wat beter as ‘n besigheidsklas vliegtuig sitplek. Jy kan die rugleuning ver terug kantel en ‘n voetsuk uitvou, om ‘n sitplek verstelling te skep met ongewenaarde gemak.

M8 het slegs twee middelry sitplekke en dan ‘n eenstuk drie-sitplek heel agter in die voertuig. Met die derde-ry sitplek in gebruik, het M8

GAC M8  front and rear view parked in front of building

Daai kragsyfers en voorwiel aandrywing...

Maar die beloofde kraglewering en verrigting is wat M8 so interessant maak vir Suid Afrikaanse kopers wat gewoond is aan V-Klass as die enigste weelde gesinsbus. M8 gebruik ‘n 2.0 turbopetrol hibried stelsel, met ‘n gesonde grootte 25.57kWh battery.

GAC se dat die totale beskikbare kraglewering 274kW is, amper 100kW meer as ‘n V-Klass, wat baie beter snelweg verbysteek verrigting behoort te lewer. Maar die amptelike versnellingsyfers (0-100km/h in 8.8 sekondes) lyk bietjie traag vir iets met 274kW…

M8 se reikafstand op suiwer battery krag is 106km, wat genoeg is vir daaglikse pendel. Maar wanneer daai battery leeg loop, is die verrigting baie laag, omdat net die 140kW 2.0 turbopetrol die wiele aandryf.

Iets wat dalk kan pla met M8 is die feit dat dit ‘n voorwieltrek gesinsbus is. Soos die Hyundai Staria en VW Transporter. Wanner jy ‘n volgelaaide gesinsbus, met ‘n lang asafstand, by ‘n steil natgereënde hotel of gastehuis oprit probeer kry, is voorwieltrek  nie jou maatjie nie. Dit is hoekom Mercedes-Benz se V-Klass steeds agterwieltrek is…

Woorde en insigte deur Lance Branquinho