Tank 500 is die luukse Sjinese veldvoertuig wat Toyota, Ford en die Duitse vervaardigers nie oor wil gesels nie. Omdat dit alles versinnebeeld wat ‘n reuse probleem is vir die historiese motormaatskappye en hul mees winsgewendeste voertuie in die Suid Afrikaanse mark: luukse veldry stasiewaens.
Toyota maak reuse winste met die Fortuner, Prado en Land Cruiser 300 reeks. Dieselfde geld vir Ford, met Everest. En vra enige Duitse luukse voertuig handelaar (Audi, BMW, of Mercedes), wat verkoopsmense verkies. En hulle sal bieg dat diesel 7-sitplekke veldvoertuie die groot geld bring.
Hoekom is 7-sitplek diesel veldvoertuie so belangrik in Suid Afrika? Omdat die vraag so sterk is, skep hierdie veldwaens winste vir almal. Van vervaardigers na groothandel en die verkoopsmense op die vloer. Met beter winsgrense as amper enige ander voertuie, buiten dubbelkajuit bakkies.

Tank 500 bewys wat GMW kan doen
Sjinese vervaardigers het oor die afgelope vyf jaar reuse ontwrigting veroorsaak in die plaaslik motormark. Tot voordeel van Suid Afrikaanse motorkopers, wat nou baie meer verskeidenheid het, met billiker pryse, om van te kies. Maar die Sjinese opgang sukkel verby die R1m pryspunt, waar kopers steeds Prados, Everest of 'n Duitse 7-sitplek veldwa verkies.
GWM, wat die vernaamste Sjinese teenwoordig is in Suid Afrika, het probeer met Tank 500. Dit is 'n puik voertuig, wat al die tegniese eienskappe het wat waardevol is vir Suid Afrikaanse kopers wat 'n luukse 7-sitplek veldwa wil hê.
Tank 500 is gebou op ‘n geharde staal leerraam onderstel. Die binneruim is reusagtig, met uitstekende bougehalte en afwerking, en soos enige Sjinese voertuig: propvol toerusting en digitale tegnologie.
Tank 500 se swakplek...
Al waar die Tank 500 vashaak, is enjins. Die hibried turbopetrol enjin is kragtig, maar veels te swaar op brandstof, wanneer die battery energie laag loop. Wanneer dit by enjin keuses kom vir luukse 7-sitplek veldwaens in Suid Afrika, is daar geen debat nie: kopers verkies diesel. Dit is hoekom alle Everests diesel is, en meeste van Toyota se 7-sitplek voertuie, ook.
GWM se probleem is dat die Tank 500 ‘n uitstekende luukse 7-sitplek veldry en toervoertuig is. Maar daar bestaan nie ‘n diesel enjin vir Tank 500 wat kan saamgesels met Toyota, Ford of die Duitse turbodiesels nie.
Die GWM P-Reeks bakkies gebruik wel ‘n netjiese 2.4-liter turbodiesel, maar dit het net nie genoeg krag vir die groter, swaarder, Tank 500 nie. Maar soos almal die afgelope dekade geleer het: Sjinese ingenieurs laat nie op hulle wag nie.
Wat kan Tank 500 kopers verwag?
GWM het bevestig dat daar ‘n 3-liter turbodiesel in finale ontwikkeling is, wat volgende jaar in verskeie wêreldmarkte beskikbaar gestel sal word. Dit is puik nuus vir Tank 500 kopers wat ‘n suiwer turbodiesel kragbron verkies, pleks van 'n hibried kragbron.
Die nuwe GWM diesel ‘n vergrootte weergawe van die beproefde 2.4-liter enjin was plaaslik in P-Reeks beskikbaar is. Verwag dat GWM se nuwe 3-liter kragsyfers sal maak wat heelwat beter as die 2.4 se 135kW en 480Nm
Om kragsyfer vooruitskattings te maak, is nooit maklik nie. Maar wat ons weet dat GWM diesel enjin ingenieurs met besondere vermoë het. Toe die P-Reeks bakkie diesel enjins van 2- na 2.4-liter vergroot is onlangs, het kraglewering van 120- na 135kW vermeerder.
'n Baie konserwatiewe vooruitskatting vir die 3-liter viersilinder turbodiesel wat volgende jaar beskikbaar gaan word in Tank 500, is ten minste 160kW. Die breë veragting is vir 'n kragsyfer nader aan 180kW. Dit sal Tank 500 beter verrigting en verbysteekvermoë gee as 'n Toyota Prado, wat steeds woeker met Toyota se verouderder 2.8-liter diesel enjin.
Woorde en insigte deur Lance Branquinho

