- Audi se A4 is nou die A5. Hoe vergelyk dit met die gerekende C-Klass en 3 Reeks?
- As jy tussen hierdie Duitse luukse sedan voertuie moet kies, wat maak werklik saak?
- Om help jou om te onderskei tussen die voor en nadele van A5, C-Klass en 3 Reeks.
Beleggingsmense raai ons gereeld aan om waarde te soek in plekke waar min ander mense aandag gee. As jy daai denke rig op ‘n luukse gesinsvoertuig, dan is die kompak Duitse sedan iets om oor te dink.
Sportnutsvoertuie is nou verreweg die gewildste marksegment in Suid Afrika se luukse motormark. Maar as jy verby die modegier om sportnutsvoertuie kyk, is daar ‘n beter bestuurservaring beskikbaar met ‘n sedan.
Audi, BMW, en Mercedes-Benz se 4-deur sedan motors bied uitstekende tegniese eienskappe en bestuursvermoë. Die A5/3 Reeks/C-Klass het ‘n baie laer daklyn en swaartepunt as soortgelyke sportnutsvoertuie, soos Q5/X3/GLC. Dit beteken dat ‘n sedan soos A5/3 Reeks/C-Klass baie meer stabiel is wanneer jy ‘n nood stuuraksie moet maak om ‘n padhindernis of botsing te voorkom.
Die ander groot voordeel van ‘n Duitse luukse sedan, teenoor ‘n sportnustvoertuig, is die kattebak. Sportnutsvoertuie het ‘n luikrug laaideur, met ‘n groot glas venster. Dit is ‘n misdaad swakplek wat maklik gebreek kan word, as diewe by jou skootrekenaar of gesin se bagasie wil uitkom.
Met iets soos ‘n A5/3 Reeks/C-Klass het jy ‘n metaal kattebak, sonder enige glas wat maklik deur misdadigers gebreek kan word.

BMW se 3 Reeks
Luukse sedanmotors is ‘n kwynende mark in Suid Afrika. Maar as jy in ‘n deel van die land woon met goeie padoppervlaktes, en nooit grondpad ry nie, bied ‘n luukse Duitse sedanmotor baie meer bestuursgenot as ‘n SNV or kruisvoertuig.
Die jongste 3 Reeks is duur en die standaard toerusting is min. Maar die agterste been ruimte is skaflik en 3 Reeks het ‘n groter bagasieruimte as A5 en C-Klass.
3 Reeks bied steeds die beste bestuurservaring uit al die Duitse middelslag sedanmotors. Elke raakpunt en bestuursinset getuig van BMW se obsessie met gehalte.
Hoëspoed baanvastigheid en stuurgevoel is sonder gelyke. Selfs teen lae spoed, is die samespel van stuur, ratwisseling, remme en versnelling 'n bewys dat BMW se ingenieurs van die bestes is.
BMW bied verskeie enjinopsies met 3 Reeks maar die beste koop is ‘n 320d. Met 400Nm se wringkrag, sorg die 320d vir sterk snelweg verbysteekvermoë. En die 2-liter turbodiesel enjin is besonder lig op brandstof, met verbruiksyfers na aan 6l/100km onder ideale omstandighede.
Ons het die beste nuut of gebruikte BMW 3 Reeks vir jou

Mercedes-Benz C-klass
Stuttgart se se 3 Reeks teenstander. Word steeds in Oos Londen gebou wat beteken dat daar ‘n goeie voorraad onderdele en nadiensonderdele altyd in die plaaslike verskaffingsketting is.
C-Klass is nie meer so gewild soos dit jare terug was nie. Wat dieselfde verhaal is vir alle Duitse sedan motors. Steeds ‘n baie goeie agterwieltrek luukse sedan platform met voortreflike langafstand bestuursvermoë en passasiersgemak. Kattebak is kleiner as ‘n 3 Reeks sin.
Jy betaal groot geld vir redelike klein enjins met gemiddelde kraglewering. Die C220d is ‘n beter langpad keuse die 1.5 turbopetrol C200. Met daai 9-spoed outomatiese ratkas kan die C220d naby 5l/100km diesel verbruik kom op die langpad.
Ons het die beste nuut of gebruikte C-Klass vir jou

Audi A5
Die A4 is in laat 2025 hernoem na A5. Pleks van die tweedeur koepee bakvorms wat die oorspronklike en opvolg geslagte van A5 het, is die nuwe een ‘n 4-deur sedan.
Bakvorm en ontwerp lyk beter as 3 Reeks of C-Klass. A5 is ‘n terugkeer na die roemryke erfenis van Audi se beste sedan motors. Binneruim is propvol tegnologie, met ‘n Android Automotive sagteware stelsel wat alles dryf. So as ‘n jy Android slimfoon gebruiker is, sal jy mal wees oor hoe die nuwe A5 se binneruim tegnologie werk.
Wat nie so skitterend is nie, is die lang lys peperduur opsies. En ‘n kattebak wat kleiner is as ‘n BMW 3 Reeks sin.
Audi bied een enjin tipe, die immergroen 2.0 turbopetrol. Die goedkoper voorwieltrek A5 modelle het 146kW/340Nm, en is voorwieltrek. As jy ‘n meer hoëverrigting bestuurservaring soek, is daar die Quattro vierwieltrek A5, waar daardie 2.0 turbopetrol enjin 200kW/400Nm wek. Groot voordeel van die A5 Quattro? Vierwieltrek bestuursveiligheid op ‘n gladde pad in reënweer, en wanneer jy by ‘n steil parkeer garage of herehuis oprit moet kom, tydens ‘n hoëveld donderstorm.
Alle A5 modelle gebruik die Audi 7-spoed dubbelkoppelaar ratkas, wat ongelooflik glad skakel en baie goeie versneller reaksie toelaat. Maar hierdie ratkaste kan duur wees om te onderhou, as jou A5 hoe myle bereik.
Audi se diesels enjins was oor die jare die mees gewilde kragbron keuse vir enige A4. Dit is jammer dat A5 glad nie ‘n diesel in die Suid Afrikaanse mark bied nie, iets wat BMW en Mercedes-Benz wel het, met 320d en C220d.
Ons het die beste nuut of gebruikte A4 vir jou
Woorde en insigte deur Lance Branquinho

