Suid Afrikaanse kopers wat treffende ontwerp, gevorderde binneruim vermaak, en ongeëwenaarde waarde soek, kies al hoe meer Sjinese voertuie. En hierdie marksein gaan nie verlore op Sjinese vervaardigers nie, wat maandeliks al hoe meer plaaslike markaandeel neem. 

Jetour is een van Chery se handelsmerke, gemik op kopers wat 'n meer gewaagde voorkoms soek vir hul kruis- of sportnustvoertuig. Chery se mark strategie met Jetour is om 'n glansvoertuig te bied, teen 'n baie billike prys. Met helfte van die jaar se verkope opgelui, lyk dit asof die Jetour strategie aftrek kry. 

In Junie het Jetour 683 eenhede verkoop, en dit is slegs tussen twee modelle: die X70 en Dashing. Om daai syfers te laat sin maak in vergelyking met van Suid Afrikaanse se gekenne motor handelsname: Jetour se verkope is vier keer groter as Honda gewees in Junie.

Wat dryf die groei?

Vir kopers wat tegnologie hoof op die prys stel, en nie skrik vir 'n byderwetse bakvorm nie, bied Jetour alles teen 'n prys wat geen mededingers kan ewenaar nie. Jetour se X70 het 'n voorontwerp wat sterk herinner aan Lamborghini se Urus, en binne bied dit sewe sitplekke, en elke elektroniese bestuurhulpmiddel en vermaak kenmerk waaraan jy kan dink. Sjinese vervaardigers, soos Jetour, het 'n reuse sagteware en inligtingskerm voordeel oor tradisionele Europese en ander Oosterse motorvervaardigers. 

Jetour se Dashing is die kleiner vyfsitplek aanbieding, wat Jetour se treffende ontwerp en oorvloed standaard toerusting bring na 'n nog meer mededingende prys punt, wat begin onder R500 000. 

Omdat Sjina verreweg die meeste slimfone, skootrekenaars en ander elektroniese toebehore bou, kan die Sjinese motorbedryf maklik toegang kry tot die beste digitale skerms, teen 'n gehalte en prys waarmee ander vervaardigers nie kan meeding nie. Die voordeel daarvan? Omdat slimfoon skakeling en binneruim skerm vermaak nou die belangrikste koper aansporing is vir meeste Suid Afrikaners, gee dit Sjinese handelname, soos Jetour, 'n ongelooflike voordeel. 

Noukeurige onderdeel verskaffing

Jetour se bemarkingsmense het nou die verkoop en diensnetwerk uitgebrei na 50 handelaars en verseker daar is 'n gesonde onderdeel verskaffingsketting.

Baie motormaatskappy wat suiwer invoerders is, het al misgetrap met nadiens ondersteuning in Suid Afrika. Die afstande en strawwe bestuursomweging beteken dat slytasie en die vraag na onderdele hoër is as wat voorspel word, en dan is die verskaffingsketting dikwels uitgevang. Franse motormaatskappy het hierdie les op die duur manie geleer in die 2000s. 

Om eienaarskap selfvertroue te verseker, het Jetour belê in 'n onderdeel pakhuis in Midrand, wat huidig 'n 98% onderdeel lewering bied aan handelaars. Dit ondersteun die X70 en Dashing se vyf-jaar/60 000 km diensplan, vyf-jaar/150 000 km waarborg en die langduur 10-jaar/1 000 000 km enjin waarborg. 

Waar Jetour nog kan slyp...

Is daar enige skaduplekke in die Jetour aanbieding? Die enigste enjin en ratkas opsie is 'n 1.5-liter turboaangejaagde petrol, wat die voorwiele dryf deur 'n sesgang dubbelkoppelaarratkas. Hierdie ratkaste, wat deur VW se DSG stelsel gewild gemaak is, bied weerlig vinnige ratskakelings. 

Dubbelkoppelaarratkaste werk veral goed werk met kleiner, turboaangejaagde enjins, om enige versnellings huiwerigheid teen te werk. Hierdie ratkaste is ook meer ingewikkeld as 'n gewone outomatiese ratkas en baie sensitief vir versnelling en ratkas kalibrasie, wat Sjinese ingenieurs nog mee sukkel om heeltemal baas te raak. 

Soos meeste Sjinese voertuie, is Jetour se X70 en Dashing algemeen swaarder op brandstof as Europese, Koreaanse of Japannese rygoed van dieselfde grootte en enjin tipe. Maar met die reuse vordering wat Sjinese tegniese vaardighede jaarliks maak, is dit redelik verseker dat die volgende geslag Chery enjins wat ook deur Jetour gebruik word, meer brandstofdoeltreffend sal wees. 

Met snelgroeiende verkope en 'n nadiensplan wat in plek is, is Jetour se markaanwins onder Suid-Afrikaanse kopers geen verassing nie. 

Woorde en insigte deur Lance Branquinho