Hier is ‘n strikvraag vir selfs die kranigste motorkenners: wat het een van die swakste Sjinese motors ooit, met ‘n nuwe dubbelkajuit bakkie te doen? Die antwoord is: Changan.

Vir die soveelste keer hierdie jaar, is daar nog ‘n Sjinese bakkie model wat die plaaslike mark toetree: Changan se Hunter. Dit is ‘n knap naam vir ‘n dubbelkajuit bakkie, veral omdat jag so ‘n groot tydverdryf en toerisme bedryf in Suid Afrika is. Maar dink bietjie dieper oor Changan se geskiedenis en die Hunter se onderstel, en daar is ‘n storie om te vertel.

Daar was jare terug, baie swak Sjinese motors wat op die plaaslike mark losgelaat is. En een van die swakstes, was die Chana Benni klein luikrug. Die Benni is in 2008 in Suid Afrika bekendgestel en was ‘n besonder swak voertuig.

Landtrek word geloof vir ? treffende bakkie voorkoms. Maar die 1.9 diesel enjin is nie haastig nie.

Die Landtrek tweeling bakkie

Maar Chana is hernoem na Changan, en soos meeste van die Sjinese motorbedryf maatskappy, het ingenieurs en produk beplanners by Changan baie vinnig hul lesse geleer.

Changan se voertuie het snel verbeter. Soveel so, dat Peugeot gekies het om die Landtrek dubbelkajuit bakkie op ‘n Changan onderstel te bou – die F70. Landtrek is nie ‘n hoofstroom Suid Afrikaanse dubbelkajuit bakkies nie. Maar dit is 'n netjiese dubbelkajuit, met ‘n besonder knap binneruim ontwerp.

Die Franse kan dalk nie sin maak van die strawwe Suid Afrikaanse bakkie mark nie, maar niemand het meer deursettingsvermoë en prysaanpasbaarheid as ‘n Sjinese motormaatskappy nie. En dit is hoekom die Landtrek se tweeling bakkie, Changan se Hunter, nou beskikbaar is in Suid Afrika.

Tegnies, is daar nie vee landers as wat jy kry met ‘n Peugeot Landtrek nie: selfde staal leerraam onderstel en dieselfde klein 1.9-liter turbodiesel enjin, wat 110kW en 350Nm lewer. 

Landtrek se uithaler binneruim ontwerp, wat fisiese knoppies en raakpunte vervleg met 'n digitale tikskerm, word ook behou met die Changan Hunter. En dit is 'n wenresep, omdat teveel van die Sjinese bakkies ‘n gebrek aan fisiese beheer raakpunte het, met teveel funksies wat vervat word in die tikskerm stelsels.

Dravermoë is soortgelyk aan die Landtrek. Changan bemark twee weergawes van die Hunter, 'n 4x2 en 4x4, met eersgenoemde wat 1100kg vrag in die laaibak kan van. Die 4x4 dra bietjie minder, teen 1000kg.

Hunter 4x4 het ? agteras ewenaarslot vir sand en strawwe veldrytoestande.

R200 000 'afslag' per Hunter?

Prysgewys is daar ‘n reuse verskil tussen die Changan Hunters en hul tweeling Peugeot Landtreks. ‘n netjies toegeruste Peugeot Landtrek 1.9TD 4x2 R653 900, en Changan se Hunter 4x2 is R449 900. Albei bakkies het 'n 10-duim tikskerm inligtingstelsel, met die Peugeot se leersitplekke al wat werklik 'n verskil is – en klaaglik die R200 000 prysverskil kan regverdig.

Changan se Hunter 4x4 outomatiese maak amok vir Peugeot se Landtrek, met die Sjinese bakkie wat slegs R569 900 kos, in vergelyking met die amper eenderse Franse dubbelkajuit, teen R745 500.

Changan kom duidelik om die twyfelagtige plaaslike erfenis van Chana se Benni te begrawe, met die Hunter bakkie reeks. Maar teen die pryse en waarde aanbieding waarmee Hunter in die mark tree, kan die Sjinese dalk ook Peugeot se plaaslike bakkie besigheid begrawe.

Hoekom sou enigiemand ‘n meganies eenderse Landtrek te koop, as jy vir amper R200 000 goedkoper, dieselfde bakkie by 'n Changan handelaar kan aanskaf?

Die enigste hoop wat Peugeot het met Landtrek, is die veelbesproke Stellantis aanleg in die Baai. Hierdie aanleg, wat in 2023 aangekondig is, is glo teen 2026 veronderstel is om Landtreks vir plaaslike handelaar en uitvoer te bou. Plaaslike geboude Landtreks sal veel goedkoper wees as die huidige invoer modelle, maar sal die prysverskil werklik R200 000 per bakkie wees?

Woorde en insigte deur Lance Branquinho