Sjina is die wêreld se derdegrootste land, maar die waarheid is dat meeste Sjinese nie juis langafstande bestuur nie. 

Die land se trein en lugvaarroetes is so goed, en verkeer so verstrengeld, dat Sjinese nie so vrymoedig soos Suid Afrikaners is om in hul private voertuie, duisende kilometers te toer op vakansie nie. Dit sal waarskynlik verander soos die land se middelklas groter word, maar die waarheid is dat daar min wêreldmarkte is wat Suid Afrikaanse bestuursgewoontes het. Veral ten opsigte van langafstande ry, op vakansie. 

Dit is net Australië, Amerika en Kanada, waar bestuurders ook duisende kilometers sal aflê op hul vakansieroetes. Tussen hierdie drie is Australiese toestande (hitte, grondpadoppervlaktes, en stof), die meeste soortgelyk aan Suid Afrika. Dit is 'n belangrike punt, omdat Sjinese voertuie groot opgang in die Australiese mark maak, wat ook Suid Afrika se keuse van Sjinese modelle en kragbronne, beïnvloed. 

Wat het Sjinese, Australiese en Suid Afrikaanse langafstand bestuursgewoontes met mekaar te doen. Meer belangrik: hoe skakel dit met die jongste 1000km reikafstande wat PHEV voertuie van Jaecoo en Omoda kan aflê? 

Groot syfers – wat saak maak

Niemand gaan vir 1000km bestuur sonder te stop nie. Wanneer die noodsaak nie brandstof is nie, is dit gemak en gerief. 

Kinders geniet dit nie om te eet in 'n voertuig nie, omdat raas van die ouers altyd 'n risiko is. Dinge raak morsig. Dit is belangrik om baie vloeistowwe in te neem as jy vir 'n hele dag in 'n voertuig sit, maar dit beteken ook gereeld stop vir badkamer besoeke. 

As niemand juis 'n 1000km eensklaps reikafstand benodig nie, hoekom is dit hoegenaamd belangrik? Die antwoord is tweeledig: stedelike bestuursvereistes en die trekkrag van 'n besonder lang plattelandse ompad. 

Dit is moeite om op pad huis toe meer as een keer per week te stop vir brandstof. Veral as die middag spitsverkeer klaar jou verdraagsaamheid getoets het. Voertuie met 1000km reikafstand hoef hoogstens twee keer per maand volgemaak te word met brandstof. 

Dink verby diesel

Vir jou stadsbestuur om die werk en kinders se skoolroetes, is 1000km baie reikafstand. 

Die enigste voertuie wat werklik 1000km afstande op 'n enkel tenk brandstof kan aflê, is 2-litre turbodiesel luukse sedan voertuie van Audi, BMW en Mercedes-Benz. 
Daardie samespel van baie doeltreffende 2-litre turbodiesel enjins en lae windweestand A4, 3 Reeks en C-Klass bakvorms, maak 1000km op 'n tenk moontlik, in beginsel – as jy in ideale omstandighede, sonder stadiger verkeer, met bietjie wind van agter, teen lae snelwegsnelhede bestuur. 
 
Supermotor kragsyfers – stadskarretjie brandstofverbruik

Omoda se C9 en die Jaecoo J7 SHS is twee nuwe luukse voertuie in die plaaslike mark met ongelooflike belofte. Meer krag en verrigting as meeste Duitse luukse kruisvoertuie, maar met baie meer reikafstand. 

C9 en J7 SHS versinnebeeld die ontwikkelings voordeel wat Sjinese vervaardigers het ten opsigte van alles met battery en inprop hibried voertuie. Hierdie Sjinese voertuie bied die beste van albei wêrelde: die stil en gladde bestuurservaring van 'n elektriese motor teen lae snelhede, en hoe verrigting waanner dit benodig word, met 'n turbopetrol krag wat bykom. 
Die beste van alles is dat C9 en J7 SHS albei ingeprop kan word, so die volle waarde en vermoë van die battery stelsel word gebruik, anders as eenvoudiger hibried voertuie wat energie herwinning gebruik. 

C9 het 'n stewige 34.5 kWh battery en 1.5-litre turbopetrol viersilinder enjin. Gesamentlike kragbron syfers is 440 kW en 915 Nm. Dit waarborg supermotor verrigting, maar meer belangrik: 150km se suiwer elektriese aandrywing, en wanneer al die dryfstelsels, battery en petrol saamwerk, kan jy met versigtige bestuursinsette baie naby aan 1000km op 'n tenk brandstof en vol battery kom. 

J7 SHS het 'n kleiner 18.3 kWh battery en minder 1.5-litre enjin krag. Nietemin, is die stelsel se kragsyfers steeds indrukwekkend: 225 kW en 525 Nm. Die J7 SHS kan in 'n gewone bestuursiklus, met bietjie langpad ry op 'n naweek, ook 1000km bereik op 'n tenk brandstof en vol battery. 

Motorvervaardigers hou daarvan om te toor met syfers. Maar in die werklikheid, is verrigting en brandstofverbruik dikwels baie swakker as wat voorgestel word. 
Nie met hierdie Sjinese PHEVs van Omoda en Jaecoo nie. Die groot battery stelsels verseker 'n baie gladde bestuurservaring in beide die C9 en J7 SHS, en dit is ongelooflik om tydens 'n week se toetsbestuur, te sien hoe jy teen Vrydag nog met 600km reikafstand sit...

Renmotor verbysteekvermoë 

Vra mense wat 'n Duitse verrigtingsvoertuig of duur SUV bestuur, wat die grootste voordeel is. En die antwoord is telkens: baie veiliger verbysteek vermoë. 

Stadige verkeer is 'n kenmerk van Suid Afrikaanse langpadbestuur en hoe vinniger jy 'n ry vragmotors of taxis kan verbysteek, hoe lae jou risiko vir 'n kop-aan-kop botsing. Hoe verrigting voertuie se vermoë is nie vir verkeerslig-to-verkeerslig jaar nie, dit is baie veiliger verbysteek, wanneer jy toer my jou gesin aan boord. 

C9 en J7 SHS se verbysteekvermoë is buitengewoon sterk. Albei voertuie se groot battery stelsels en elektriese motors wek traaglose wringkrag, wat onmiddellike versneller aksie waarborg. So glad en stil soos die C9 en J7 SHS PHEV stelsel in stadsverkeer is, waar jy doodrustig op suiwer elektriese krag kan so, net so oorweldigend kragtig is die stelsel wanneer jy supermotor vlak verbysteekvermoë benodig. Dit is werklik die volkome samespel van alles wat waardevol is in turbopetrol en battery krag voertuig tegnologie.  


Volkome verstellings beheer

Toe die eerste Jaecoo en Omoda voertuie verlede in die mark geland het, was die tegnologie en stelsels se oorheersing van die bestuurservaring. 

Die voertuie het oorwegend Sjinese verstellings gehad vir hul veiligstelsels. Wat eenvoudig nie werk in plaaslike verkeer, met voetgangers wat willekeurig kruis, en taxi’s was padreëls verontagsaam nie. Alle Jaecoo en Omoda voertuie kan verstel word, deur middel van die sentrale beheerskerm. Maar dikwels het die verstellings eenvoudig teruggeskuif, elke keer as jy die voertuig afgeskakel.

Die jongste Jaecoo en Omoda PHEV modelle, met hul 1000km reikafstand vermoëns, werk saam met jou voorkeure. As jy eers al die elektroniese beheerstelsels verstel het, word dit in die voertuig se elektroniese geheue gestoor – en bly. 

C9 of J7 SHS? 
Soos alle Sjinese voertuie, bied die Omoda C9 en Jaecoo J7 SHS sterk waarde, met luukse binneruim afwerking en elke stuk inligtingtegnologie waaraan jy kan dink.

Hierdie PHEV batterye is ook nommerpas vir Suid Afrikaanse herlaaigewoontes: klein genoeg om vinnig by 'n openbare herlaaipunt 100% te bereik, of vir die dag by 'n werksplek ingeprop te word. Dit is nie wensdenkery om in jou weeklikse pendel, amper geen brandstof te gebruik met hierdie Sjinese PHEVs van Chery nie. En wanneer jy wil wyd toer, is daar al die petroltenk kapasiteit om nooit reikafstand angs te ervaar nie. 

Omoda se C9 bied die meer treffende voorkom en krag, teen R999 999. Maar Jaecoo se J7 SHS, teen R689 900, is verseker die winskoop, vir eienaars wat 'n toekomsgedrewe bestuurservaring soek wat die beste van elektries en petrol tegnologie saamvleg. Iets wat geen van die Duitse luukse vervaardigers op die oomblik kan ewenaar in die Suid Afrikaanse mark nie.