Versekering en belasting is twee van daai lewensuitgawes wat niemand wil betaal nie, maar nie kan vryspring nie.
Veral nie in Suid Afrika nie, waar die voertuig eienaarskap en bestuursrisiko hoog is. Maar hoekom is voertuie soveel duurder om verseker, as hul toenemend meer tegnologie en stelsels het om botsings te vermy?
Dink bietjie na daaroor: wetgewing dwing vervaardigers en hul ingenieurspanne om veiliger voertuie te ontwikkel, met outomatiese botsingvermy stelsels. Beteken dit nie dat versekeringkostes dan moet val, pleks van styg nie?
Slimmer voertuie – minder botsings?
Jy het vandag 'n baie beter kans op oorlewing in 'n ernstige botsing, en dit is te danke aan strenger wetgewing. Voertuig vervaardigers gebruik die beste metaal strukture, verfrommelings tegnologie, sitplek ontwerp en lugsakke om voertuie te ontwikkel wat jou beveilig in 'n ernstige botsing.
Maar voorkoming is steeds die hoogste prys. En dit is hier waar die vindingrykheid in elektroniese sintuiglikheid 'n reuse verbetering gemaak het die afgelope paar jaar. Voertuie het nou ? geheelbeeld van wat om hulle aangaan.
Radar en laser sensors binne die buffers lees die pad voor en agter jou, insluitend jou voertuig se blindehoeke. Elke sekonde word daar honderder berekenings gedoen om enige naderende botsing risiko te voorspel, en te voorkom, met 'n outomatiese noodrem aksie.
Veiligheid vir almal
Hierdie gevorderde stelsels is nie slegs op luukse voertuie bo R1m nie. Daar is al hoe meer Sjinese voertuie onder R500 000, wat omslagtige bestuurshulpmiddels bied.
Meeste middelslag voertuig het nou outomatiese noodremstelsels, baanbeheer om te verhoed dat jy per ongelyk soliede lyne kruis. Selfs bakkies het nou sensors in hul voor buffers, wat die pad kan lees en outomaties die remme aanslaan as jou aandag afgelei is om 'n botsing te voorkom.
Dit is nie slegs op die snelweg waar die bestuurshulpmiddels botsings voorkom nie. Van die mees voorkombare botsings gebeur teen lae snelhede. Gewoonlik in 'n parkeerterrein, wanneer iemand in jou blindehoek is, terwyl jy by 'n parkeerplek uitry.
Duur stelsel hardeware
Met al die tegnologiese hulpbronne aan boord jou moderne voertuig en die gevolglik laer botsing risiko, moet jou versekering risiko nie minder wees nie? In beginsel, dalk.
In die werklikheid het die elektroniese veiligheidstelsel nie 'n oormag bo jou bestuursvermoë nie. Hulle is daar om te help en gids, en sodoende botsings te voorkom. Nie volkome jou bestuurinsette te vervang nie.
Die gevolg is dat ongelukke wel nog gebeur, veral as dit nie jou skuld is nie. En dit is dan dat baie eienaars ontdek hoe duur dit is om histories eenvoudige bakwerk, soos buffers en sierroosters, te vervang.
Kyk noukeuring na die voor of agter bakwerk op 'n moderne voertuig. Jy kan die voor en agter kameras sien. En daai radar en LiDAR sensors wat nou deel uitmaak van die jou voertuig se buffers en sierrooster. Hierdie elektroniese onderdele is baie duur en selfs geringe skade, beteken 'n volkome vervanging.
Klein botsings – baie skade
Die ongemaklike waarheid is dat die elektroniese onderdele wat jou bestuurservaring veiliger maak, en botsings risiko verminder, nie goedkoop is nie. En ook baie weerloos is, in die kleinste botsing.
Herstelwerk pryse met 'n moderne voertuig kan 'n nare werklikheid word. Daai radar en laser sensors in jou voertuig se voor en agter buffers is ongelooflik sensitief, om die geringste beweging in 'n breukdeel van 'n sekonde waar te neem.
Maar soos meeste ander elektroniese onderdele, is 'n voertuig se radar en LiDAR stelsels ook baie kwesbaar vir skade. Daai laesnelheid parkeerterrein ongeluk waar iemand anders nie aandag geskenk het nie? Dit is 'n skok om uit die vind hoe duur 'n buffer vervanging nou is, omdat al die sensors, bedrading en kalibrasie ook vervang moet word.
Elektroniese inhoud gaan nooit afneem in nuwe voertuie nie. Wetgewing dwing, met rede, vervaardigers om die beste elektroniese veiligheidsstelsel te kies.
Buffers word peperduur
Voertuie se buffers is oorspronklik ontwerp om minder skade aan voetgangers te doen in 'n botsing. En die enjin se voerkoeler te beskerm, in 'n lae snelheid voorbotsing.
In 'n hedendaagse voertuig, is die buffer ook 'n tuiste vir al daai mees gevorderde elektroniese onderdele, wat die inligtingbeeld skep vir jou voertuig se veiligheidstelsels.
Die kleinste botsing kan groot finansiële nagevolge hê, omdat 'n buffer nie meer slegs 'n vervangbare frommelstruktuur is nie. Dit is nou 'n hoëwaarde tegnologiese onderdeel, wat ook ironies genoeg, die eerste trefoppervlak is in meeste botsings.
Hierdie is die hoofrede hoekom versekeringkostes nie afneem, ten spyte van voertuie wat nou met slim tegnologie toegereus is om botsings te verminder nie. Versekeraars moet die vervangingsskade van al daai gevorderde radar, kamera en LiDAR onderdele aan die voor en agterpunte van jou voertuig in berekening bring.
Jou suiwer botsingrisiko is dalk laer, omdat al daai radar, kamera en LiDAR stelsels saam werk om jou bestuurservaring te beveilig. Maar die herstelskade as daar wel 'n botsing is, beloop baie groter bedrae as gevolg van al daai gevorderde elektroniese onderdele in die voertuig buffers.
Versekering prys vervanging
In 'n volmaakte wêreld behoort versekering goedkoper te word, omdat alle voertuie wat met beter bestuurshulpmiddels toegerus is die breë botsings risiko verminder.
Die werklikheid is dat daar baie verouderde en onpadwaardige voertuie op Suid Afrikaanse paaie is, sonder enige gevorderde veiligheidstelsels.
In 'n toekoms waar alle Suid Afrikaanse voertuie 'n grondvlak standaard van radar, kamera en LiDAR het om botsings te voorspel en voorkom bly 'n droom. Tot dit eendag werklikheid word, moet versekering maatskappye die botsing risiko van vervangingsinhoud bereken binne die breër risiko van ‘slim’ voertuie wat die pad deel met verouderde voertuie wat geheel ‘blind’ ry.
Die prys van radar, kamera en LiDAR onderdele neem wel af soos tegnologie meer breedvoerig opgeneem word, en pryse bemiddel word deur volume en mededinging. Feit van die saak is dat buffers nooit weer goedkoop onderdele gaan word nie.
Woorde en insigte deur Lance Branquinho