- Kan ‘n nuwe motor minder veilig wees as 'n gebruikte een?
- Dit is 'n kwelvraag wat moeilike antwoorde het.
- Ons verduidelik die veiligheidsrisiko om een van Renault se gewildste modelle.
Van die binneruim reuk tot die selftrots en daai waarborg. Daar is verskeie goeie redes om ? nuwe motor te koop.
Maar daar is ook kwelvrae. Veral in die Suid Afrikaanse mark, waar veiligheidswetgewing nie so streng is nie. Oor die laaste dekade het daar nuwe modelle van bestaande vervaardigers op die mark beland wat nie is wat hul voorgee om te wees nie.
Suid Afrikaners was in die vroeë 2010s maar versigtig vir Sjinese en Indiese motormaatskappy. En baie van die twyfel was om veiligeheid. Daar was 'n gevoel dat Sjinese en Indiese motors swakker ingenieurswese het, met goedkoper staal, en gevolglik ‘m groter botsingrisiko is.
Maar die waarheid is dat baie van die bestaande motormaatskappy in Suid Afrika, al hoe meer van hul Suid Afrikaanse voorraad invoer van Indië. Soos Renault.
Die beginsel agter Kwid

Kwid is by ver Renault se gewildste model in Suid Afrika. Met goeie rede. Dit is spotgoedkoop, met 'n pryspunt wat onder R200 000 begin, en het 'n standaard tikskerm inligting/vermaak stelsel wat netjies met jou Slimfoon saamspeel.
Kyk verby die Kwid se lae prys, oulike voorkoms, en daai digitale binneruim toerusting, en daar is baie fout.
Renault het 'n ryk geskiedenis van gehalte intreevlak en stadsmotor. Dink aan iets soos die Clio luikrug. Maar Kwid is nie 'n egte Franse Renault nie. Dit is suiwer ontwerp vir ontwikkelende markte buite Europa. Renault kan, tegnies, nie die Kwid aan hul eie mense in Frankryk verkoop nie, omdat dit nie Europese veiligheidstoets kan slaag nie.
Hoe is Kwid so goedkoop?

Renault het Kwid ontwikkel om ‘m sekere pryspunt te behaal. Dit beteken 'n voertuigstruktuur wat gebou is tot die laagste prys.
Die prys berekening met Kwid is eenvoudig: om hierdie Renault goedkoop genoeg te maak, het ingenieurs eenvoudig die minste veiligheidstoerusting moontlik gekies. En ook die goedkoopste staal struktuur vir die Kwid se onderstel ontwerp.
Suid Afrika is 'n hoësnelheid bestuurs omgewing. Groot afstande, baie vragmotors, taxis, en 'n algemeen aggressiewe padomgewing. Op plaaslike paaie is die botsingrisiko is hoog en daarom is veiligheidskenmerke belangrik. Selfs met 'n intreevlakmotor.
Kwid se veiligheidsgebrekke
Motorveiligheid is nie 'n indruk nie. Dit is tegniese feite. Renault se Kwid is eenvoudig nie 'n baie veilige motor nie.
Die gebrek aan broodnodige tegniese veiligheidseienskappe is duidelike. Kwid het nie elektroniese stabiliteitbeheer nie. Daar is ook slegs twee lugsakke, waar meeste ander klein motors in Suid Afrika ses het.
As jy in 'n botsing betrokke is, bied 'n Kwid baie min veiligheid. Omdat die Kwid se staal en meganiese ontwerp van so 'n lae gehalte is, verfrommel die bakwerk veels te maklik 'n in botsing.
Tydens gesaghebbende botsingtoetse behaal die Kwid slegs twee uit vyf sterre vir veiligheid. Daai is nie 'n telling waarmee jy 'n kans met jou, jou kinders, of gesin se veiligheid wil neem nie.
Nuwe Kwid of gebruikte motor?
Suid Afrikaanse motorskopers is onder geweldige ekonomiese druk. Voertuig prys inflasie groei vinniger as inkomste en vir hardwerkende mense wat 'n eerste motor nuut wil besit, is ites soos Kwid al wat bekostigbaar is.
Maar is 'n nuwe Kwid dan werklik 'n sinvolle koop, as die veiligheidskenmerke so swak is? Dit is 'n kernvraag, veral as jy vir die prys van 'n nuwe Kwid 'n gehalte gebruikte motor kan koop.
In daai mark onder net onder R200 000, waar Renault die Kwid bemark, is daar verskeie gebruikte luikrûe met beter veiligheidskenmerke.
Eerder 'n gebruikte Swift or Vivo

Suzuki se Swift word ook Indië gebou en het 'n ietwat beter veiligheidsstruktuur, al is die Swift se vertoning in botsingtoetse selfs nie ongelooflik goed nie. Maar iets wat die Swift het, ses lugsakke pleks van die Kwid se twee, wat 'n reuse verskil maak, veral in enige botsing van die kant af. Boonop het die Swift ook elektroniese stabiliteitbeheer, was 'n onervare bestuurder help om nie stuurbeheer te verloor terwyl hulle noodrem of uitswaai nie.
Die ander gebruikte klein luikrug wat baie beter veiligheidswaarde bied, in vergelyking met Kwid, is VW se oudstryder: die Vivo. Ja, hierdie vorige geslag Polo wat steeds plaaslik gebou word het dalk ou tegnologie, maar die platform en bakwerk is van 'n onlooflik hoë gehalte.
Die Vivo is 'n ontwikkeling van VW se vorige geslag Polo, wat in die laat 2000s ontwerp is, toe die Duitse motorbedryf op 'n hoogtepunt was. Die veiligheidstandaarde wat daardie Duitse ingenieurs ontwikkel het met die Polo was wêreldklas. Dit beteken dat selfs baie jare later, as die Vivo, is daai voertuigstruktuur steeds baie veiliger in 'n botsing as enige Kwid.
Met die hoeveelheid gehalte gebruikte Swifts en Vivos beskikbaar in die plaaslike mark, maak dit glad nie sin om 'n nuwe Kwid te koop as jou kinders of gesin se padveiligheid van belang is nie.
Woorde en insigte deur Lance Branquinho

