Mazda se Suid Afrikaanse verhaal is een van twee hoofstukke. Tydens die handelsverbod van die 1980s, was Mazda noodgedwonge deel van SAMCOR, 'n vervaardiging vernootskap met Ford. Gedurende die 1990s, het Ford aanhou groei in die plaaslike mark terwyl Mazda sywaarts beweeg het.
In 2014 het Mazda afgestig en 'n onafhanklike invoerder geword vir Suid Afrika. Die gevolg was indrukkendwe groei en opgang in die plaaslike mark. Mazda se sportnuts en kruisvoertuie het treffende bakvorms en ontwerp teen 'n billike prys gebied. Met uitstekende bou gehalte.
Waar Mazda vir dekades lank in Suid Afrika 'n suiwer intreevlak motor of goedkoop middelslag keuse was, het Mazda se modern produkte die handelsnaam se beeld indrukkend uitbou oor die afgelope paar jaar. Daar is haakplekke gewees, soos die ontrekking van Mazda se BT-50 bakkie reeks verlede jaar, maar Mazda Suid Afrika glo nog in die beginsel van Mazda in die luukse deel van die plaaslike mark.
Bakvorms wat nog altyd koppe draai
Ontwerp is nog altyd 'n sterkpunt gewees vir Mazda. Vloeiende lyne, skoon oppervlaktes sonder tierlantyntjies en uitstekende bakwerk verhoudings is almal keur kenmerke van Mazda se ontwerptaal.
Elke weergawe van die RX-7 sportmotor was 'n treffende ontwerp wat maklik met die beste Europese ontwerpe vergelyk kon word. Suid Afrikaners was gaande oor die MX-6, wat bekostigbare tweedeur styl in die vroeë 1990s na die mark gebring het. MX-5 is ook ongetwyfeld een van die mees ikoniese voertuigontwerpe van die laat 20ste en vroeë 21ste eeu.
Die enigste ontwerp uitsondering vir Mazda, was die oorspronklike eerstegeslag BT-50 bakkie, met die oorgrootte koplig en neus ontwerp Feit is: van die intreevlak Mazda2 tot die grootste CX-reeks kruisvoertuie, het Mazda 'n aanbod modelle waarvan nie een onopsigtelik is nie. En dit is 'n skaarsheid. Meeste voertuigvervaardigers, selfs die toonaangewende Duitsers, altyd een of twee baie twyfelagtige ontwerpe in hul modelreekse het.
Steeds (oorwegend) Japannese motors
Mazda is nie een van die Japannese reusevervaardigers soos Toyota of Honda nie. Die Mazda produk portefeulje is baie kleiner en gevolglik is die jaarlikse verkope ook baie minder.
Anders as die groter Japannese motorvervaardigers het Mazda nie soveel aanlegte in alle uithoeke van die wêreld nie.
Meeste Mazdas word nog in Japan gebou. En dit maak saak. Hoekom? Omdat die tegniese vaardighede van Japannese vakmense steeds hoog geag word.
Japannese bougehalte het die Amerikaanse mark in die 1980s verower. Binne die huidige Suid Afrikaanse motormark, waar baie van die Japannese modelle of plaaslik gebou, of invoer word van uitlegte buite Japan, bied Mazda iets anders. Mazda se modelle word nog oorwegend in Japan gebou, daar Japannese vakmense met ongewenaarde trots in hul werk.
Die gevolg van daai Japannese oorsprong Mazdas is bougehalte. Bakpanele wat altyd egalig opgelyn is. Vering wat altyd op die millimeter reg gespoor is, wat beteken dat die wielsporing en stuurgevoel altyd suiwer en akkuraat is. En Mazda se binneruim ervaring, waar die inligtingskerms dalk bietjie klein en verouderd is vergelykend met Sjinese voertuie, maar die indiepte binneruim bougehalte van die hoogste standaard is.
Inlynsessilinders maak nog saak
Die roterende Wankelenjin is sedert die 1960s 'n spogkenmerk van Mazda se ingenieurswese. Maar in 2025 is die enjin wat werklik bewys hoe baie selfvertroue Mazda het, 'n 3.3-liter inlynsessilinder diesel.
Vir Suid Afrikaanse kopers is 'n luukse volgrootte kruisvoertuig die aangewese gesinsmotor; iets wat die tradisionele luukse sedan vervang het. Honda, Nissan en Suzuki bied glad nie 'n volgrootte luukse kruisvoertuig in die plaaslike mark nie, omdat Toyota en Lexus die mark vir sulke motors oorheers. En dan is daar CX-60, wat bewys Mazda dat daar niks skort met hul ingenieurswese nie.
Die CX-60 se 3.3-liter diesel enjin is 'n inlynsessilinder. Dit is 'n skaarste is in die mark waar meeste volgrootte kruisvoertuie aangedryf word deur 'n V6 turbodiesel. Kenners weet dat 'n inlynsessilinder se verpakking meer ingewikkeld is, maar die enjin struktuur se meganiese balans en gladheid, teen alle toere, is altyd beter as 'n V6.
Slegs BMW, Mercedes-Benz, Land Rover en Mazda bied inlynsessilinder diesel enjins in die Suid Afrikaanse passasiersvoertuig mark. Ongetwyfeld is die kraglewering soepelheid van 'n diesel inlynsessilinder, die enjinkenmerk van 'n ware luukse kruisvoertuig bestuurservaring.
Ondanks die feit dat Mazda die kleinste van die Japannese vervaardiger is, is hulle ook die enigste Japannese vervaardiger wat 'n inlynsessilinder diesel enjin bied. Dit spreek boekdele oor hoe Mazda hulself ag in die plaaslike motormark.
Woorde en insigte deur Lance Branquinho