Mazda se klein luikrûe en kruisvoertuie is bekend vir bougehalte en bakvorms wat suiwer ontwerpkuns is. Al word die Suid Afrikaanse mark vir klein luikrûe oorheers deur die plaaslik geboude Polo Vivo en Indies ingevoerde Suzuki Swift, het die duurder Mazda2 nog altyd iets meer stylvol gebied.

Hierdie klein Mazdas se bougehalte, binneruim ontwerp en bestuursgevoel is werklik ‘n klas bo iets soos ‘n Swift. Dieselfde geld ook vir die Mazda CX-3, wat beter lyk as enige ander klein kruisvoertuig op die mark.

Mazda Vision X Compact show car in red side view with black trim

Mazda2 en CX-3 raak oud...

Ten spyte van die bougehalte, bestuursvermoë en mooi bakvorms, is Mazda se klein voertuie nie groot verlopers nie. Mazda is self ook ‘n klein tot middelslag motorvervaardiger. En dit beteken dat die geld vir nuwe voertuig platforms min is.

Met Mazda2 en CX-3 wat elkeen al 10 jaar oud is, is dit tyd vir vernuwing. Maar die mense wat Mazda se geldvloei bestuur, moet moeilike besluite wat Mazda2 en CX-3 betref. Albei is uitstekende voertuie, maar in ‘n mededingende wêreldmark, is daar waarskynlik nie meer plek vir ‘n Mazda2 en CX-3 plaasvervangers nie.

Sjinese voertuigontwikkeling gebeur baie vinniger as die tradisionele ontwikkelingsiklus. Waar ‘n Europese of Japannese motormaatskappy vyf jaar neem om ‘n nuwe voertuig te ontwikkel, doen die Sjinese dit dikwels in slegs twee jaar. Dit raam die probleem vir Mazda met die Mazda2 en CX-3 wat al ‘n dekade oud is. Mazda kan nie waag en die verkeerde plaasvervangers vir Mazda en CX-3 ontwikkel nie, en dit gaan die maatskappy waarskynlik dwing om kleiner te gaan...

Mazda Vision-X comopact interior image of steering wheel and dials

Kleiner spog Mazdas op pad?

Wat beteken dit alles vir Suid Afrikaanse Mazda aanhangers? Verskaffers is na bewering al in kennis gestel dat Mazda2 en CX-3 produksie vanjaar gaan eindig.

Die vraag is of albei modelle vervang gaan word, of slegs een. Met Mazda2 en CX-3 wat albei op dieselfde voertuigplatform gebou word, beïnvloed die ontwikkelings planne vir een die ander.

Met klein luikrûe wat nie meer ‘n gewilde marksegment wêreldwyd is nie, en kruisvoertuie wat so sterk is, is dit onwaarskynlik dat Mazda2 vervang gaan word.

Die beste leidraad na Mazda2 en CX-3 se opvolgers, is die Vision X-Concept, 'n ongelooflik goeie ontwerpstudie wat by verlede jaar se Tokyo motor skou gewys is. Dit is ‘n kleiner luikrug as die huidige Mazda2, en meet ‘n hele 255mm korter, wat beteken dat Mazda2 se opvolger ‘n baie kleiner stadsmotor sale wees. Iets soos in die Hyundai i10 marksegment.

En CX-3? Met kruisvoertuie wat so gewild is, moet Mazda se ingenieurs ‘n tweede-geslag CX-3 na die mark bring. Maar as die nuwe Mazda2 soveel kleiner gaan wees, beteken dit ook dat Mazda se volgende CX-3 ook moet krimp. Die moontlikheid bestaan dat Mazda die kompakte kruisvoertuig mark wil najaag, met ‘n opvolger vir die CX-3 wat dalk die CX-20 naamplaat dra.

As jy belangstel in die huidige Mazda2 of CX-3, kry maar daai bestellings in by jou plaaslike handelaar, voor die huidige produksie uitloop later vanjaar.

Woorde en insigte deur Lance Branquinho