Mahindra is nou volwaardig mondig, na 21-jaar in Suid Afrika. Waar baie bakkie kopers gedurende Mahindra se beginjare die bakkies van Indië afgelag het, is Mahindra in 2026 een van die gewildste motorvervaardigers onder boere en geharde nywerheidsgebruikers.

Bakkies soos die Pik Up en Karoo, geniet baie hoë vertroue onder geharde veldryers. En landelike gebruikers soos mynbou spanne, tegniese steundienste en boere. Mahindra het nie net daai markaandeel met lae pryse verower nie.

Mahindra se bakkies is gehard. Dalk nie die kragtigste diesel enjins nie, maar die bakkies is bewys om lang dae onder strawwe toestande te werk. Vir maande en jare aaneen. Verskeie veldrykenners praat van Mahindra Pik Up Karoo bakkies as die arm man se Land Cruiser 79-reeks, en dit is ‘n lofprysing eerder as ‘n vergelykende oordeel.

Groter markaandeel – groter vraag na onderdele

Mahindra South Africa parts system

Die verkoopsyfers van 2025 vertel ‘n eie verhaal: met 18 097 voertuie was nuwe eienaars in die plaaslike mark gekry het. Daai verloopsyfer wat 40% hoër as 2024. Mahindra se bakkies en gesins-veldryvoertuie, bied ‘n bestuurservaring en prysvlak wat eenvoudig sin maak vir baie Suid Afrikaanse kopers.

Mahindra word glad nie meer geag as ‘n goedkoop Indiese keuse nie. Dit word eerder gesien as ‘n waarde-keuse. En daar is ‘n groot verskil. Want een is net goedkoop, en die ander is slimkoop.

Hoofbestuur by Mahindra werk deeglik om die Suid Afrikaanse mark te verstaan. Dit beteken navorsing en teenwoordigheid by plekke soos NAMPO, om te leer wat Mahindra bestuurders soek in ‘n eienaarservaring.

Meer as 'n miljoen onderdele in SA

Mahindra parts warehouse Gauteng

Die uitkoms van Mahindra se sake welslae en oopkop benadering tot Suid Afrikaanse bakkie en passasiersmotor kopers is ‘n nuwe 8 800m² onderdeel pakhuis en verspreiding sentrum in Gauteng.

Mahindra weet dat hul bakkie en ander modelle geag word, maar die les wat Toyota se 30% markaandeel alle ander vervaardigers geleer het, is eenvoudig: oorweldig eienaars met uitstekende nadienservaring.

Hierdie nuwe onderdeel pakhuis het ‘n voorraad van meer as 38 000 verskillende onderdeel onderafdeling met meer as ‘n miljoen onderdele in voorraad. In beginsel, is die belegging wat Mahindra in hul onderdeel sentrum gemaak het, daar om ‘n belofte te hou teenoor eienaars wat binne 24 uur ‘n antwoord kan verwag, as hulle ‘n onderdeel navraag instuur.

Met die jongste digitale bestelling en afsending stelsels, behaal Mahindra Suid Afrika ‘n 98% eerste navraag sukses van handelaars af. Of jy grondpad klip-skade op jou Pik Up koplig gekry het in die Noord Kaap, of diep in die Bosveld ‘n tussenverkoeler soek, is Mahindra se reuse onderdeel sentrum toegerus en gerat, om dit met dringendheid te verskaf.

Woorde en insigte deur Lance Branquinho