Dit is nag vir Nissan wêreldwyd. Reuse begroting besnoeiings, die beraming van 20 000 werkverliese en sewe fabrieke wat waarskynlik moet sluit teen 2027. 

Die waarheid is dat Nissan vir jare sukkel, ten spyte van die feit dat die plaaslike bakkie besigheid handelaar redelik besig gehou het die afgelope paar jaar. Nissan se netjiese sportnuts en kruisvoertuie (X-Trail, Juke en Qashqai) is nie meer goeie verkopers nie. Die roemryke GT-R, was in die laat 2000s Nissan se beeld as 'n spog ingenieurswese maatskappy gebou het, is nou net 'n herinnering. 


Nissan se veldvoertuie staan nog trots

In Australië vertoon Nissan nog sterk met die Patrol veldvoertuie, wat sterk met Toyota se Land Cruiser meeding. Dit spreek dat van Nissan se kern ingenieurswese nog van wêreld gehalte is, maar ongelukkig het al die Patrol kennis nie oorgespoel na die breër Nissan modelreekse nie. 

Die vraag is dan: moet jy 'n Nissan koop in 'n mark waar daar soveel donker wolke oor die Japannese vervaardiger se toekoms hang? Dit bring die gesprek na Navara. 

Nissan se Hilux-teenstander is nie meer 'n nuwe bakkie nie. Die huidige Navara onderstel is sedert 2015 in die mark, en 'n dekade oud. Maar die ingenieurspan het 'n deeglike bakkie ontwerp met die D23 reeks Navara. Onthou, hierdie is die bakkie onderstel wat goed genoeg geag is deur Mercedes-Benz om die dien as die platform vir X-Klass. 

Grondpad ritgehalte wat saak maak

Die huidige en vorige geslag Navara is albei bakkies met 'n treffende voorkoms, wat nie verouder nie. En die waarheid is dat baie dubbelkajuit bakkies gekoop word as stedelike gesinsvoertuite, waar voertuig voorkom meer tel as veldry- of sleepvermoë. 

Maar daar is ook indiepte tegniese eienskappe wat die Navara 'n baie goeie dubbelkajuit bakkie maak. Veral vir daai duisende kilometers grondpad wat die platteland met Suid Afrika se snelweë verbind. 

Grondpaaie is goed wanneer hulle geskraap word, maar reën en swaar lorrie vragte tydens oestyd, ry meeste grondpaaie kis. Dit is wanneer al daai oppervlak ongelykhede begin vorm vat, en al is meeste dubbelkajuit bakkies taai genoeg om duisende kilometers grondpad te ry sonder om vering skade op te doen, is die stamperige ritgehalte bietjie straf vir insittendes. 

Dit is waar Navara uittroon bo meeste bakkie mededingers. Want die Nissan dubbelkajuit se agteras het kronkelvere, pleks van bladvere. Hoekom maak dit 'n verskil? Konkelvere absorbeer baie beter pad ongelykhede en is nie kwesbaar nie. Land Rover se oorspronklike Defender reeks het die wêreld se strafste veldrytoestande verower met kronkelvere en baie beter grondpad ritgehalte as Toyota se Land Cruiser 70, met bladvere. 

Navara se hoësnelheid stuurvastigheid op grondpaaie, te danke aan daai kronkelveer agteras, en die algemeen beter ritgehalte is een van daai geheime in die plaaslike bakkie mark. Kenners weet daarvan, maar die Nissan dubbelkajuit word dikwels nie herken vir die tegnies gevorderde veerstelsel nie. As vergelyking: Ford se pronk veldry bakkie, die Ranger Raptor, gebruik ook 'n kronkelveer agteras...

Is daar haakplekke met Navara se kronkelveer agteras ontwerp? Die Nissan dubbelkajuit se stert sak wel meer wanneer die laaibak vol is, of daar 'n swaar sleepwa, boot, of karavaan gehak word, in vergelyking met 'n bladveer bakkie. 

Die plaaslike bakkie slim koop?

Benewens die Navara se uitstekende grondpad ritgehalte, is daar die plaaslike verskaffingsketting. Soos meeste ander dubbel kajuit bakkies in die mark, word Navara plaaslik gebou. En dit beteken daar is 'n groot verskaffing ketting van onderdele, wat in Suid Afrika gemaak word, en nie ten duurste hoef ingevoer te word nie. 

Nissan bou ook die Navara reeks met nugter wiel groottes: meestal 17-duim, wat veldryers en eienaars wat baie grond pad ry die grootste moontlike keuse van hoëvolume veldry bande gee. Selfs die Pro-4X Warrior Navara, wat met Hilux GR-S en Ranger Tremor mee ding, loop ook op 17-duim wiele wat hoëvolume bande. 

Die opskrifte oor Nissan wek kommer. Maar as jy 'n koper is wat waarde tussen die risiko soek, bied die Navara 'n treffende bakontwerp en uitstekende grondpad ritgehalte. Daar is ook 'n redelik betroubare verskaffingsketting vir plaaslike onderdele, terwyl die Rosslyn aanleg nog Navaras bou, wat huidig nog die geval is. 

Woorde en insigte deur Lance Branquinho