Nissan kou huidig klippe wêreldwyd. Die maatskappy moet 'n noodreddingsplan in werking stel doeltreffend te wees, van personeel ontsale te raak en sewe aanlegte te sluit of verkoop.
Te midde van al die diepste skuld en verlies uitdagings in die Japanse motorvervaardiger se geskiedenis, moet nuwe produkte steeds ontwikkel word. Dit is 'n mespunt oefening tussen herstrukturering en beleggings waar dit tel, vir Nissan.
Vir Suid Afrika, is die toekoms van Nissan se Rosslyn aanleg onseker. Maciej Klenkiewicz, die Poolse bestuurderesse direkteur van Nissan Suid Afrika, het vandeesweek bevestig dat die maatskappy toegewyd is tot 'n Suid Afrikaanse toekoms. Dit is gerusstellende nuus vir Nissan eienaars en handelaars, maar Klenkiewicz het nie uitgebrei oor die Rosslyn aanleg se toekoms nie.
Wat is die produk plan?
Vir Nissan handelaars is die huidige produk aanbieding baie yl. Daar is slegs drie modelle huidig beskikbaar by Nissan: Magnite, X-Trail en Navara.
Buiten Navara bakkies, het Nissan handelaars in Suid Afrika amper geen groot voertuie om Suid Afrikaanse gesinskopers aan te bied nie. Magnite is 'n intreevlak voertuig en X-Trail ding mee in 'n uiterste straf marksegment, teen Rav4, die Koreane en 'n magdom Sjinese SUVs wat baie meer waarde bied.
Navara is letterlik die voertuie wat enige noemenswaardige winsgrens bied Nissan handelaars. En iets besonders vir bakkie kopers bied in 'n segment met ongelooflike sterk mededinging. Navara se kronkelveer agteras is 'n tegniese eienskap wat nie beskiksbaar is op meeste Rangers, Hilux, D-Max of Sjinese bakkies is nie.
Kronkelvere bied baie beter ritgehalte en hoësnelheid stabiliteit. Veral op sinkplaat oppervlak grondpaaie. Vir Suid Afrikaners wat Navara dubbelkajuit bakkies as gesinstoervoertuie wil gebruik, is die Navara se kronkelveer agteras 'n waardige punt van verskil. Dit het werklike voordele wanneer daar grondpad gery moet word oor die Desember vakansietydperk.
Klenkiewicz het beaam dat Nissan Suid Afrika sal aanhou belê in Navara as 'n ankerproduk. En nuwe SUVs, ontwikkel in samewerking met die Sjinese mark, sal inbring, om die Nissan produk reeks te verbreed.
Patrol moet handelaars red
Heimwee moet 'n sterk gevoel wees tussen Nissan handelaars, op die oomblik. Daar was 'n tyd in die laat 2000s en vroeë 2010s, toe Nissan 'n modelreeks met baie hoe winsgrens voertuie gehad het.
GT-R, 350/370Z, Pathfinder en Patrol het welvarende kopers gelok en groot handelaar winste gedraai. Vandag het Nissan bykans geen voertuie bo die R1m prysdrumpel om te verhandel nie.
Handelaars moet ook met jaloersheid kyk na die reuse sukses van Toyota, plaaslik. Veral die Land Cruiser 300. Hierdie is die meeste gewilde luukse voertuie in Suid Afrika, met ryk kopers wat toustaan en bereid is om enige prys te betaal vir 'n Land Cruiser 300.
Toyota se welslae met Land Cruiser 300, 'n sewe-sitplek luukse gesinsvoertuig met ware veldryvermoë, is iets wat Audi, BMW, en Mercedes-Benz nie 'n teenproduk voor het nie. Maar Nissan het. Die Patrol.
Waardige Land Cruiser teenstander
In Australië word die Nissan Patrol veldry stasiewa baie hoog aangeslaan, en telkens verkies bo Land Cruiser 300. Patrol se vermoë, bougehalte en reputasie staan nog sterk, te midde van Nissan se wêreldwye sakekrisis.
Die jongste Y63 Patrol sal deurslaggewend wees vir 'n sakeherlewing by Nissan Suid Afrika se handelaars. Dit bied die luuksste binneruim van enige Nissan en Patrol se legendariese taaiheid. Soos die Land Cruiser 300, is Nissan se Y63 Patrol 'n staal leerraam onderstel veldwa, wat baie beter aangepas is vir Suid Afrikaanse toestande.
Een swakplek van die Y63 Patrol, is die afwesigheid van 'n diesel enjin. Nissan het wel 'n nuwe 3.5-liter V6 turbopetrol ontwikkel om die Y62 Patrol se reuse V8 te vervang. Met 317kW en 700Nm, wat vloei deur 'n negespoed outomatiese ratkas, is die V6 'n gehalte kragbron.
Die bemarkinggeleentheid vir Nissan is om met die Y63 Patrol, daai Land Cruiser 300 kopers te verower wat nie die geduld het vir 'n ellelange waglys nie. Nissan se Y63 Patrol word diep 2026 in Suid Afrika verwag, waar dit 'n broodnodige kroonvoertuig en beeldbouer vir plaaslike handelaars sal word.
Woorde en insigte deur Lance Branquinho.