Al waaroor Ford mense op die oomblik gesels, is die Ranger se enjinveranderings. Die oorheersende Ford nuus van 2025, is die uittrede van Ranger se 2.0 BiTurbo enjins vroeg volgende jaar.

Die kragtige natgordel 2.0 BiTurbo kan instandhoudings probleme kan gee as olie nie noukeurig gediens word nie, en tree binne die volgende paar maande uit. Dit word nie vervang deur ‘n soortgelyke enjin nie. Ford Ranger en Everest kopers sal in 2026 moet kies tussen meer betaal vir die 3.0 V6 turbodiesel enjin, of baie minder krag as die 2.0 BiTurbo vat, met die 125kW enkelturbo weergawe.

Ranger Super Duty on 4x4 track with front wheel axle lift

Ford se 'groot' Ranger storie van 2025

Gesprekke oor die 2.0 BiTurbo se uittrede en Ford se herrangskikking van die Ranger en Everest reekse se enjinkeuses, oorskadu Ford se ander groot Ranger projek vanjaar. Super Duty. As jy ‘n kranige Ford bakkie kenner is, weet jy dat Super Duty die Amerikaanse vervaardiger se strawwe werkesels is.

Super Duty bakkies word gebou op baie meer vrag te dra, en gewig te sleep, na afgeleë plekke. Waar meeste bakkie sal sukkel.

Ford se Australiese ontwikkelingsspan, wat verantwoordelik is vir wêreldwye Ranger ingenieurswese, het die Ranger Super Duty ontwikkel vandeesmaand bekend gestel. Dit lyk dalk soos ‘n Ranger, met dieselfde binneruim, uitstekende SYNC4 tikskerm inligtingstelsel en gemaklike sitplekke. Maar hierdie frisser Ranger is nie 'n Hilux teenstander nie. Ranger Super Duty is gemik is op Toyota se kroonbakkie: die Land Cruiser 70.

Ranger Super Duty on mud trail in 4x4 drive

Toyota se 'Cruiser 70 swakplekke...

Wanneer boere en tegniese velddiens spanne ‘n bakkie moet kies, is hul behoeftes baie meer veeleisend as die algemene dubbelkajuit kopers. Dit is hoekom soveel boere, tegniese velddiens spanne en mynmaatskappy Land Cruiser 70 bakkies koop, al is die tegnologie ongelooflik verouderd.

Land Cruiser 70 bied die gehalte veldry en laaivermoë wat ander bakkies nie kan ewenaar nie. Maar daar is baie wat ook skort met Land Cruiser 70. Die beknopte binneruim. Ongemaklik ritgehalte. Lagwekkende remme. En daai agteras wat nouer as die vooras is, en Land Cruiser 70 laat sand ploeg in duine, en lelik bokspring op ‘n sinkplaat grondpad.

Toyota oorheers die mark vir geharde veldry bakkies met swaar dravermoë, al het Land Cruiser 70 soveel tegniese tekortkominge. Want kopers soek eenvoud en duursaamheid. Maar die Land Cruiser se ritgehalte en remvermoë, wat werklik voel soos iets uit die vroeë 1990s, voel baie beperkend in 2025.

Ford besef dit. En het ook berekend hoe baie wind Toyota maak met die vol pryse waarvoor die ouskool Land Cruiser 70 verkoop. Dit is hoekom die Ranger Super Duty ontwikkel is.



Tegnies beter as enige 'Cruiser 70

Ford se Land Crusier 70 teenstander is beter in elke tegniese opsig. Dravermoë is amper dubbel die van ‘n Land Cruiser bakkie, met die Super Duty wat 1982kg in die laaibak kan neem.

Sleepvermoë? Super Duty kan 4500kg hak, wat 1000kg meer is as ‘n Land Cruiser. Hierdie dra- en sleepsyfers is reuse verbeterings en presies wat kopers in die Land Cruiser 70 van droom.

Om die Ranger onderstel te versterk het Ford meer staal by die leerraam ingebou. Die Super Duty versingstelsel het ook versterkte skakels. Die standaard Ranger agterewenaar is vervang met ‘n Tansit vragbus sin en die Super Duty gebruik ‘n wielnaaf van die Amerikaanse F-250 bakkies. Daai wielnaaf verbetering laat ook groter remme toe en agt boutpunte, wat Super Duty toelaat om swaarvrag wiele te gebruik. Nog 'n voordeel wat Land Cruiser 70 nie het nie.

As jy groot vragte oor strawwe veldryroetes moet vervoer het jy baie betroubare enjinkrag en grondvryhoogte nodig. Super Duty het ‘n allemintige 299mm grondvryhoogte, wat baie meer is as ‘n Land Cruiser 70. Die Ranger se 3.0 V6 turbodiesel enjin maak minder krag in die Super Duty, om dat Ford ingenieurs dit meer duursaam wou maak.

Ford Ranger Super Duty loading hay on a farm

Minder krag - meer verkoeling

Kraglewering is slegs 154kW, teenoor ‘n standaard 3.0 V6 Ranger se 180kW. Maar Super Duty het steeds 600Nm wringkrag, wat werklik saakmaak vir sleep en steiltes.

Ingenieurs het die Super Duty se lugvloei stelsel verbeter wat 25% meer verkoeling na die enjin lewer. Iets wat noodbelangrik is vir bakkie eienaars in woestyngebiede soos die Karoo of Kalahari.

Buiten die versterkte onderstel en verbeterde enjinverkoeling het Ranger Super Duty ook ‘n reuse 130-liter diesel tenk, wat voortreflike reikafstand bied. Sonder om te lol met Jerry cans vir bykomde brandstof.

Ford Ranger Super Duty in heavy mud driving in 4x4

Super Duty vir SA?

In voorkoms, binneruim gemak, tegnologie, dravermoë, en veldryhoeke is Ranger Super Duty sonder twyfel ‘n beter bakkie as die Land Cruiser 79 dubbelkajuit. Maar daar is twee haakplekke. Die eerste is dat jy ‘n kode 10 lisensie sal benodig om een te bestuur, vanweë die laai- en sleepvermoë. Tweedens: is daar geen besvestiging dat Range Super Duty vir die Suid Afrikaanse mark in 2026 bekendgestel gaan word nie.

Maar daar is hoop. Ford bakkie geesdriftiges onthou nog die klein besending F-250 bakkies in regterhandstuur wat deur Ford in die middel 2000s plaaslik verkoop is. Hierdie bakkies het ook ‘n kode 10 lisensie benodig. Feit van die saak is dat meeste boere of veldtegniese werkers, klaar ‘n vragmotor lisensie het.

Die enigste werklike beperking op Ranger Super Duty, is die verbeelding en bemarkingsaansporing van Ford Suid Afrika se bemarkingsmense…

Woorde en insigte deur Lance Branquinho