- Sjinese bakkies staan nou sterk in die plaaslike mark.
- Maar daar was ? tyd tot vertroue in Sjinese bakkies, besonder laag was.
- GWM se eenvoudige Steed het die beeld van Sjinese bakkies herbou in Suid Afrika.
Dit is min dat ‘n bakkie model aftree in Suid Afrika. Die sterk vraag na bakkies verseker dat meeste bakkie modelreekse baie volwasse word.
Dink aan Hilux, wat sedert 1969 in Suid Afrika verkoop word. Die huidige Ranger kan ‘n plaaslike bemarkingnaam terugreken na die laat 1990s.
Bakkie met erfenis is besonder waardevolle bemarking. En in strawwe plaaslike omstandige, met baie mededingers, moet ‘n bakkie sy naam verdien. Dit kan nie gekoop word nie.
Bakkies wat vou onder strawwe plaas of bouperseel verbruik, val vinnig uit die mark. Al is hul hoe goedkoop. Kyk maar na wat met Tata gebeur het, wat eens op ;n tyd gedink het Suid Afrikaners sal ‘n goedkoop bakkie, met swak bougehalte en bestuursvermoë, na waarde ag. Maar die Tecoline bakkies was ‘n algehele mislukking.
Dit is ‘n les wat die Sjinese ook moet leer. Suid Afrikaanse bakkie kopers het besonder hoe eise. En die land se lang afstande, genadelose grondpaaie, swak diesel, en hoe dravermoë verwagtings, beteken dat geen bakkie ‘n maklike lewe lei nie.
Sjinese bakkie geskiedenis in SA

Sjinese motorhandelsname behaal nou ‘n reuse sukses in Suid Afrika met hul kruisvoertuie.
Maar die oorspronklike Sjinese voertuigaanslag op die plaaslike mark, terug in die 2008-2009 tydperk, wat omtrent alles bakkies. Swak bakkies, wat goedkoop namaaksels van 1980s en 1990s Japannese tegnologie was. En die verkope was so swak, dat meeste van daai bakkie modelle, binne ‘n jaar of twee, uit die mark was.
Maar GWM het geluister en geleer. Die Sjinese vervaardiger het terugvoer uit Suid Afrika geag. En probeer om hul bakkies te verbeter. Vandag is GWM se P300 reeks bakkies groter verkopers as Nissan se Navara, wat bewys hoe gewild Sjinese bakkies nou is.
Die uiteindelike Sjinese bakkie welslae in Suid Afrika, en GWM se sukses met P300, is gebou op ‘n bakkie wat nou uittree. Die eerlike Steed werkesel.
Koop 'n gebruikte Steed met vertroue op Stuurwiel
Van Isuzu tot eie diesel enjins

Steed was nooit ‘n spogbakkie nie. Maar dit was ‘n uitstekende werkbakkie. GWM se ingenieurs het Isuzu se legendariese 2.8 turbodiesel enjin eers gebruik, en toe oorgeslaan na ‘n 2.5-litre enjin.
Die laaste geslag Steed wat in Suid Afrika verkoop is, van 2021 tot die uittrede vanjaar, het ‘n 2.0 turbodiesel gebruik wat 110kW en 320Nm gewek het. Genoeg krag vir snelweg vermoë en om ‘n vrag te dra.
Anders as baie van die ouer geslag Sjinese bakkies wat eenvoudig uitmekaar geval het onder strawwe plaaslike toestande, sien jy nog baie Steed enkel en dubbelkajuite wat sterk loop. Dit getuig van die tegniese gehalte en nadiens ondersteuning wat GWM ontwikkel het vir hierdie bakkies in Suid Afrika.
Die tweede golf Sjinese bakkies spoel nou oor Suid Afrika, met gevorderde petrol, diesel en elektriese aandrywing.
Sjinese ingenieurs volg nie meer nie, hulle is nou tegniese leiers in baie opsigte van voertuigontwikkeling. Die beeld van Sjinese bakkies as ‘n gehalte bekostigbare keuse, is gebou deur die Steed. Die Sjinese bakkie wat met Suid Afrikaanse marktoestande ontwikkel het en met eer uittree.
Koop 'n gebruikte GWM Steed bakkie met vertroue op Stuurwiel
Woorde en insigte deur Lance Branquinho

