Die Suid Afrikaanse nuwe voertuig mark het nooit weer die hoogtes van 2006 bereik nie. Dit was die jaar toe daar 714 340 nuwe voertuie verkoop is. Verlede jaar was daar slegs 515 712 nuwe voertuie.

As jy die bevolkingsgroei en inflasie berekenings doen, is dit 'n donker storie van verlore ekonomiese groei. In 2006 was die bevolking 50m. Vandag is dit 64m. Die bevolking het gegroei, maar Suid Afrikaners het baie minder koopkrag vir nuwe voertuie as amper 20 jaar gelede. Daardie verskil tussen daai 2006 rekordjaar vir motorverkope, en die huidige nuwe voertuig mark, getuig daarvan.

Dit beteken dat waarde nou alles geword het vir nuwe voertuig kopers. Veral in die intreevlak prysklas, onder R300 000, waar kopers noukeurig en met insig moet dink, wanneer daar modelle en tegniese vereistes vergelyk word.

Maar hoe koop jy slim, onder R300 000? Want dit is die prysklas waar kopers nie wil foute gebaan nie. Veral as jy ‘n eerste koper is, of daardie nuwe voertuig vir jou kinders moet koop. Waar hul veiligheid alles is, veral op Suid Afrikaanse paaie, wat van die wêreld se gevaarlikste kan wees.

Tata Tiago is spotgoedkoop. Maar die intreevlak weergawe het nie ESP nie.

Vergeet van ABS – dit is ESP wat tel

Sluitweeremme is standaard toerusting op amper elke nuwe motor wat in Suid Afrika verkoop word. Daar is voertuie, soos die Mahindra Bolero bakkie, wat nie ABS remme het nie, maar dit is werklik die uitsondering op die reël.

Suid Afrikaanse paaie kan onvoorspelbaar en gevaarlik wees. Voetgangers wat willekeurig kruis. Beeste en bokke wat wei op die skouer. Reuse slaggate of minibus taxis, wat bestuurders dwing om wild te moet uitswaai, om ‘n botsing of voertuigskade te voorkom. Sluitweeremme help, maar wanneer jy moet uitswaai om ‘n botsing te voorkom, veral op ‘n nat pad, is dit die bykomende stabiliteit beheer tegnologie wat werklik tel.

Die ESP stelsels is wat voorkom dat jy ‘n voertuig maklik omslaan. Of stuurbeheer verloor. ESP werk met die ABS stelsel, as ‘n bykomende veiligheidstegnologie, Maar hoe? Deur teenoorgestelde wiele te rem, in berekening met stuurhoek, snelheid, en die pad toestande; en sodoende te verseker dat jy beheer hou.

Kyk mooi na die toerustingvlakke op jou intreevlak voertuig, wanneer jy onder R300 000 koop: omdat van die goedkoopste luikrûe wel ABS het, maar nie altyd ESP nie…

Turbo krag maak ? groot verskil in Gauteng. Maar die toekomstige dienskostes is ? kwessie.

Die risiko van turboaangejaagde enjins

Suid Afrika se kern ekonomie is steeds in Gauteng en die binnelandse provinsie. Dit is ook hoekom meeste voertuie GP nommerplate het.

Maar Gauteng se hoogste bo seespieël mors nie net met die All Blacks wanneer hulle by Ellis Park of Loftus moet kom rugby speel nie. Dit verlaag ook jou enjinkrag met tussen 15- en 17%, as jy nie ‘n turboaanjaer het om dit teen te werk nie.

Met intreevlakvoertuie, wat klein 1- tot 1.5 liter petrol enjins het, is daai 15- to 17% kragverlies is ‘n groot kwessie. Veral wanneer ‘n voertuig gelaai is met passasiers en bagasie, wat versneller reaksie nog meer vertraag.

Die oplossing is oënskynlik meer turboaangejaagde enjins, wat al die verbysteekvermoë verskaf wat jy benodig op ‘n Gautengse snelweg.

Maar hierdie turbo enjins skep ook baie meer langtermyn instandhoudings kostes. Hoelom? Omdat turboaanjaer en al hul bykomende bewegende dele, gediens en vervang moet word. Iets wat in gedagte gehou moet word, veral vanweë Suid Afrika se baie wisselvallige brandstofgehalte. Wat nog meer diensrisiko plaas op kragtige enjins wat hoër temperature hardloop; soos die meeste turboaangejaagde enjins.

CVT ratkaste het langtermyn dienskostes wat in gedagte gehou moet word

Handrat bo alles?

Niemand wil vir ‘n uur per dag, 1st-na-2de rat skakelings doen in verkeer nie. Maar dit is die werklike vir baie stadsverkeer pendelaars. En al is ‘n klein, intreevlak voertuig se handrat skakeling en koppelaar aksie lig, is dit steeds moeite. Veral as jy swak enkels, knieë of ‘n ou rugby besering het.

Vir intreevlak voertuie is die prysverskil tussen ‘n handrat en selfskakel ratkaste ‘n groot deel van die prys. As jy tussen R250 000 en R300 000 koop, kan ‘n handrat R20 000 goedkopers as ‘n outomaties wees. Maar wees gewaarsku, omdat nie alle ‘outomatiese’ ratkaste, is wat jy dink nie.

Baie van die goedkoop intreevlak ‘outomatiese’ ratkaste is eintlik outomatiese handrat stelsels is. Of CVTs. En beide het kwessies met instandhouding, in die langduur, vergelykend met ‘n tradisionele outomatiese ratkas, met ‘n wringkrag omskakelaar.

Die kwessie met ‘n CVT is dat dit met twee kegels werk, wat gekoppel is met kettings of gordel. En dit beteken dat dinge kan rek, of begin uit verhouding hardloop, oor tyd. Wat meer instandhouding beteken.

Dit is moeite om in daai moordende stadsverkeer op die snelweg te moet ratte wissel tussen 1st en 2de. Maar wanneer jy intreevlak motors koop, is die aanvanklike besparing, en langtermyn verminderde dienkostes, van ‘n handrat ‘n groot waardepunt, vergelykend met ‘n outomaties of CVT ratkas voertuig.

Chery se intreevlak Tiggo 4 is ? 5-spoed handrat. Sonder ? turboaanjaer.

Suzuki en wat nog?

VW was vir jare die klein kar leie in Suid Afrika. Polo Vivo is steeds ‘n sterk verkoper, maar Suzuki is ongetwyfeld die leier in die R300 000 en goedkoper mark.

Swift is tegnies ‘n beter voertuig as die verouderde Polo Vivo. Met ‘n nuwer platform en gemakliker binneruim.

Die enigste kwelpunte met Swift is dat die outomatiese weergawes almal CVTs is, en dat daar is nie ‘n kragtige enjin opsie nie. Suzuki se Swift 1.2 maak slegs 60kW, in vergelyking met VW se Polo Vivo 1.6, was 77kW lewer. En daai verskil is tasbaar, as jy baie snelweg roetes moet bestuur. Maar op alle ander gebiede, is die Swift 'n gereken beter voertuig as Polo Vivo.

Kia se Picanto bied ‘n grootmotor bestuursgevoel, teen ‘n sub-R300 000 prys. Koreaanse ingenieurs het nog altyd gesorg dat hulle die beste gebruik van hul ontwikkelingsbegroting maak met Picanto. Die gevolg is ‘n klein motor wat altyd vol selfvertroue voel op die langpad.

Picanto se 1- en 1.2-liter enjins maak nie uitstekende krag nie, maar is baie betroubaar. Die 4-spoed outomatiese ratkas is ‘n ouskool ontwerp, met ‘n wringkrag omskakelaar. Picanto se outomatiese ratkas het dalk te min ratte, maar is baie meer betroubaar in die lang duur as ‘n CVT of outomatiese handrat.

Soek jy iets onder R300 000 wat daai avontuurvoertuig voorkom het? Chery se intreevlak Tiggo 4 Pro bied ongelooflike waarde teen slegs R279 900. Met ‘n eenvoudige 1.5-liter enjin, wat 83kW en 138Nm maak, en ‘n handrat, is die Tiggo 4 Pro ‘n kruisvoertuig winskoop soos min. Met besonder goeie ruimte.

Buiten die Sjinese keuses, is daar ‘n sterk nuwe Indiese waarde teenwoordigheid in die plaaslike mark, met die hertoetrede van Tata se reeks stadsmotors en klein kruisvoertuie, onder die R300 000 prysplafon.

Woorde en insigte deur Lance Branquinho