Land Cruiser is ‘n naam sonder gelyke in die mark vir veldry voertuie. Maar daar is beperkings op Land Cruiser eienaarskap, en dit is nie slegs prys nie.

Van die ou kanniedood 70-reeks tot die volgrootte 300, is Land Cruisers is bietjie groot vir stadsbestuur. Hulle terg die senuwees wanneer daar gespook moet word vir parkering by ‘n skolebyeenkoms of inkopiesentrum.

Toyota se antwoord, en die ster van die onlangse Tokio motorskou, is Land Cruiser FJ. Dit is ‘n ware baba Land Cruiser en behoort in laat 2026 by Suid Afrikaanse handelaars beskikbaar te wees.

Hierdie nuwe FJ is niks soos sy voorganger, wat op die vorige geslag Prado gebou was nie. Dit is veel kleiner, en daar is opspraakwekkend geen diesel enjin opsie nie. Maar die belofte van Land Cruiser FJ om ‘n reuse treffer vir Toyota in die plaaslike mark te wees, is sonder twyfel.

Land Cruiser FJ cabin with 6 speed automatic transmission

Hoe klein is dit?

Kyk verby die oulike veldvoertuig voorkoms, en nuwe FJ is baie kleiner as enige ander ‘Cruiser. Dit val iewers tussen ‘n Corolla Cross en Rav4, in bakvorms grootte. En ja, dit is veel groter, met ‘n baie langer afstand tussen die voorwiele en voor buffer, as ‘n Jimny, So moet nie Jimny aanvalshoeke verwag, as jy gaan veldry nie.

In werklikheid is FJ meer van ‘n kleiner Fortuner, as enigiets anders. Dit is gebou op ‘n IVM onderstel, en ja, dit is dieselfde staal leerraam onderstel waarop Fortuner en Hilux gebou word.

Rateltaai is die nuwe FJ verseker, en dit het ‘n vaste agteras ook, soos ‘n Fortuner, maar met onafhanklike voor vering, vir beter ritgehalte en stuurvermoë teen hoe snelhede. Daar is ook ‘n agteras ewenaarslot, en laestrekratte, vir ware veldryvermoë.

Toyota het nog nie nuwe FJ se grondvryhoogte bevestig nie, aar dit behoort soortgelyk aan ‘n Jimny of Fortuner sin te wees. Die Tokio skoumotor het vertoon met 18-duim wiele en veldry bande, wat bewys dat Toyota verwag hul teikenmark diegene gaan wees wat iets kleiner soek as Fortuner, en nie 7-sitplekke benodig nie, maar beter ruimte en langpad verrigting soek, as Jimny.

Land Cruiser FJ with all terrain tyres on rough terrain

Geen turbodiesel nie

Treffende voorkom en ‘n geharde Fortuner/Hilux onderstel. Toyota het raakgevat met nuwe FJ se kern tegniese besonderhede. Maar die enjinkeuse is waaroor almal by die Tokio motorskou gepraat het.

Huidig is daar net een enjin keuse vir nuwe FJ: Toyota se 2.7-liter 4-silinder petrol. Hilux en minibus taxi bestuurders ken hierdie enjins. Hulle is sedert die late 1990s in verskeie Toyota bakkies en kommersiële voertuie wêreldwyd gebruik.

Die 2.7 petrol is nie ‘n besonder gevorderde of kragtige enjin nie. Dit wek slegs 120 kW en 243 Nm. In vergelyking met ‘n turbodiesel van dieselfde grootte, is dit baie ondergemiddelde wringkragsyfers. Boonop, is hierdie 2.7 petrol enjins berug vir hoe swaar hulle op brandstof is.

Daar is misnoeë onder Toyota aanhangers omdat nuwe FJ geen diesel enjin opsie vir nou het nie. Vir Suid Afrikaanse FJ belangstellendes is daar twee kern kwessies om die 2.7 petrol enjin.

Die eerste is dat dit nie ‘n turbo het nie, en baie krag gaan verloor teen Gauteng hoogtes bo seespieël.

Maar die betroubaarheid kwessie moet nie uit berekening gelaat word nie. Hierdie 2.7 enjins is meganies ongelooflik betroubaar. Hoe betroubaar? Hulle word in duisende Ses'fikile minibus taxis gebruik, voertuie wat ‘n harde lewe lei en dikwels nie gediens word nie. Die 2.7 enjin is dus diep beproef in die strafste Suid Afrikaanse omstandighede, met plaaslike brandstof.

Land Cruiser FJ side view with plastic bumpers and side sills

Klein Cruiser ‘n wenresep

Die wêreldmark vir veldvoertuie hou aan groei. Kopers soek voertuie met ware sinkplaat grondpad vermoë, wat ook graad-3 veldryroetes maklik kan baasraak.

Daar is ‘n vraag na sportnutsvoertuie met vaste aste, ewenaarslotte en laestrekratte. En met enjins wat diep betroubaar is, en dryfstelsels sonder allerhande elektroniese tierlantyntjies.

Toyota het die Erfenis en ervaring om te voorsien. Met Land Cruiser FJ is daar nog ‘n wen produk van die Japannese motor reus, wat sonder ‘n teenstander die mark gaan betree volgende jaar. Vir enigiemand wat twyfel aan hierdie baba ‘Cruiser se veldryvermoë, Toyota spog dat die nuwe FJ wielbeweging het wat gelyk is aan die van ‘n Land Cruiser 70-reeks, in strawwe veldrytoestande.

Woorde en insigte deur Lance Branquinho