Tesla het die wêreldmark omvorm, maar die fakkel is verlede jaar deur BYD oorgeneem. Die Sjinese motorvervaardigers is die wêreld se grootste vervaardiger van battery voertuie, met 'n baie breër verskeidenheid modelle: van klein stadsmotors tot luukse sedan voertuie en verrigtingsmodelle.
BYD is baie langer in Suid Afrika teenwoordige as wat meeste kopers besef. Die Sjinese maatskappy het 'n sterk elektriese bus besigheid, wat sedert 2010 doenig in Suid Afrika is, maar die passasiersvoertuie en gepaardgaande handelaars het eers laat in 2023 oopgemaak.
Die voordeel van Sjina se gevorderde elektroniese ingenieurswese en battery chemie, het BYD toegelaat om te groei van 'n battery maker vir elektroniese toestelle. Tot die wêreld se mees inbloedryke motormaatskappy.
BYD is vasberade om die eienaarskap plafon vir elektriese voertuie in Suid Afrika te breek. Sedert die Nissan Leaf en BMW i3 Suid Afrika se elektriese motormark geskep het in die vroeë 2010s, is die groei beperk deur prys. Die samespel van duur battery tegnologie en Suid Afrika se invoerbelasting, maak Europese elektriese motors veels te duur, en die lae verkoopsyfers getuig daarvan.
Die regte benadering
BYD se oplossing, en die eerste ware toets vir hoe lewensvatbaar Suid Afrikaners werklik is vir elektriese motor eienaarskap, is die Atto1. Die kleinste elektriese motor wat BYD bou, en ook een wat volgens bemarkingsbeloftes, volgende jaar in die plaaslike mark gaan tree teen onder R400 000.
Die Atto 1 is klein, ongeveer die grootte van ‘n Polo Vivo, wat dit ‘n maklike bestuur en parkeer ervaring sal maak vir eienaars wat in stadsverkeer daagliks pendel. Of in woonstel wooneenhede bly waar parkering ‘n kwessie kan wees.
BYD bied twee battery keuses vir Atto1. Daar is ‘n 30 kWh was ‘n 65 kW elektriese motor aandryf. Versnelling is net oor die 11 sekondes van 0-100km/h. Die sterker 42.2 kWh battery dryf 'n 115 kW elektriese motor, met beter versnelling en snelweg verbysteekvermoë.
Maar wat voornemende kopers werklik wil weet, is reikafstand. BYD skat tussen 220 en 320km is haalbaar, vir gewone stadsbestuur. Battery in elektriese motors sukkel die meeste teen hoër snelhede, bo 100km/h, wanneer die windsleur ‘n groot faktor. Tog is die Atto 1 gebou vir pedel roetes in en om die stad, teen laer snelhede; nie hoë snelheid reise tussen provinsies nie. Selfs in drukverkeer, is enigiets bo 220 km se reikafstand baie bruikbaar vir 'n stadsvoertuig, al loop jou daaglikse roete jou om van een kant van Gauteng na die ander.
Atto 1 se wen kenmerke
Prys is steeds die grootste kwessie vir enige Suid Afrikaanse motoreienaar wat nuuskierig is oor elektriese motors. Met Atto 1, ruim BYD die bekostigbaarheid kwessie uit die weg. Enige nuwe motor, met breë toerustingvlakke onder R400 000 is uitstekende waarde. En niemand kan die waaraanbieding van Sjinese vervaardigers ewenaar nie.
Herlaaivermoë is 'n ander beperkings op elektriese motor eienaarskap in Suid Afrika. Die groot, duur, elektriese voertuie wat deur Duitse vervaardigers bemark word, het reuse batterye, wat baie krag neem mom te herlaai. En dit beteken jy moet belê in ‘n duur herlaaistasie vir jou garage, alewig hoëkrag openbare herlaaistasie opsoek, of baie Geduld hê vir lang herlaai tydperke.
Atto 1 is ‘n klein voertuig wat betreklik lig is vir ‘n elektriese motor. Baie makliker en vinniger om ‘n klein 30- of 42.2 kWh battery te herlaai, pleks van ‘n 80-, 90, of 110 kWh battery. En BYD se batterye het van die wêreld se beste chemiese samestellings en voertuig herlaai bedrading, wat beteken dat hulle algemeen baie vinniger kan herlaai as Europese elektriese voertuie.
Die snelheidsbeperking kwessie
Iets wat baie beriggewers vergeet Dan is daar snelweg verrigting vraag. Al word ‘n goedkoop elektriese motor as ‘n stadsvoertuig gebruik, is snelweg vermoë belangrik.
Of jy die Ben Schoeman tussen Johannesburg en Pretoria ry, of die N1 tussen die Kaapse Noordelike voorstede en stadskern, is die werklikheid dat Suid Afrikaanse veelbaan snelhede hoog is. As jy ‘n ompad met ‘n klein elektriese motor neem, is die kwessie vragmotor verbysteekvermoë. En vir die snelweg regterbaan of vragmotors verbysteek, het jy ‘n klein elektriese motor nodig wat nie snelheid beperk is nie.
Die Atto 1 se snelheid word beperk tot 130km/h. Dit beteken jy het ‘n bietjie speling wanneer jy verby 120km/h versnel, om veilig verby ander verkeer te kom. Wat gebeur as jy uit die snelweg se regterbaan moet beweeg, omdat jy nie vinner genoeg bestuur vir naderende verkeer van agter ag nie, en dan ingeboks word, met 'n voertuig wat dalk ook naby daai 130km/h snelheidsbeperking ry, aan in jou linkerbaan?
Hoeveel Suid Afrikaanse kan tuis herlaai?
Atto 1 is ‘n puik voertuig. BYD bied Tesla tegnologie met Toyota bouvaardigede. Met ‘n prysbelofte onder R400 000 bied die Atto 1 ‘n opwindende vooruitsig vir Suid Afrikaanse kopers vir volgende jaar.
In beginsel is elektriese motors ook 'n baie goedkopers as ‘n eienaarskap ervaring: daar is geringe meganiese instandhouding en om op battery krag te bestuur is goedkoper as die per-liter petrol prys.
Die probleem met enige vergelyking tussen ‘n elektries en petrolmotor se energie/brandstof koste, is daar die een wissel is, en die ander nie. Brandstofpryse is vas, maar openbare herlaaistasie is baie duurder per kWh as om by die huis, van ‘n munisipale kragbron te herlaai. En hier is die Atto 1 se spanningpunt: waar woon moontlike Atto 1 kopers in Suid Afrika?
Woon iemand wat in die mark is vir elektriese voertuig onder R400 000, in ‘n eiendomskomplek wat ‘n herlaaistasie sal toelaat? Het hulle garagetoegang vir ‘n muurprop herlaaistasie, of is hulle in ‘n woonstel met oop parkering. Hierdie is werklike vrae en iets wat ‘n groot beperking op die elektriese motor eienaarskap ervaring plaas.
As jy nie jou eie garagetoegang het nie, kan hy nie herlaai nie. En as jy in ‘n woonkomplek woon, gaan die reëls toelaat dat jy bedradingswerk doen, en rekdeninheffings verander, vir ‘n garage herlaaistasie?
Vir welgestelde Suid Afrikaners wat 'n groot belegging gemaak het met sonkrag en battery om beurtkrag hok te slaan; maak die Atto 1 waarskynlik baie sin as 'n derde gesinsvoertuig. Iets wat maklik tuis herlaai kan word, en vir stadspendel gebruik word. Veral as 'n studentemotor, vir kinders wat uit die huis uit studeer en oornag kan herlaai van jou tuis sonkrag en battery stelsel.
Woorde en insigte deur Lance Branquinho