Die kernkenmerk van uitstaande voertuig ingenieurswese, kom werklik na vore in botsingstoetse.

Ongelukke is iets wat niemand aan wil dink nie. Tot die nagevolge ‘n werklikheid word. Vir baie kopers is veiligheidskenmerke belangriker as verrigting of brandstofverbruik. Veral as jy ‘n gesin het en dikwels ure op die pad is, iewers heen, op Suid Afrika se hoogs gevaarlike paaie.

Een van die motorbedryf se wanvoorstellings, is dat daar geen heersende standaard is vir veiligheidsgradering nie. Vyfster botsing veiligheid volgens Afrika standaarde, is nie dieselfde as Amerika of Europa nie.

Vir kopers wat hul hoop stel in ‘n vyfster veiligheidsgradering, is die wisselvallige standaarde 'n kwelpunt: hoe skat jy die waarde van 'n veiligheidsgradering, as daar verskillende standaarde is vir verskillende wêreldmarkte?

Sjina het hul eie botsingtoets standaard. Al het Sjinese voertuie baie swak vertoon in Europese botsingtoetse van 15-jaar gelede, is die nuwe geslag Sjinese voertuie baie beter ontwerp.

Hoe Sjinese luukse voertuie, werklik?

Omoda se C9 is een 'n baie indrukwekkende Sjinese gesinsvoertuig. Dit bied ongelooflike verrigting met 440kW. En 1000km reikafstand op 'n vol battery en tenk brandstof.

Dit is ook die jongste voorbeeld van hoe gevorderd Sjinese voertuig ingenieurswese is. Maar hoe veilig is die C9?

Australië se ANCAP botsingtoetse is van die wêreld se strengste en 'n spieëlbeeld van die gesaghebbende EURO NCAP veiligheidstoetse. Dit is van belang vir Suid Afrikaanse bestuurders omdat Australiese padtoestande, weer, en vragmotor verkeer baie soortgelyk is.

ANCAP het onlangs 'n reeks tellings bekend gemaak van Omoda se C9 1.5 PHEV. Dit behels  data van die strafste voor-, hoek- en sy-impak toetse in die motorbedryf.

Elektroniese bestuurshulpmiddels wat help rem en uitswaai vir voetgangers, of fietsryers, teen baie lae kruipsnelhede het waarde. Maar die botsingtoetse wat werklik saak maak, is hoe veilig 'n voertuig se struktuur en binneruim is, wanneer daar impak gemaak word met ander voertuie. Of pad infrastruktuur.

C9 het 'n vyfster gradering gekry by ANCAP. Maar dit is die dieper tegniese detail wat 'n voller veiligheidsverhaal vertel.

Vir volwassenes het C9 7.42 uit 8 gekry vir voor-impak beveiliging. Een van die gevaarlikste botsings is 'n voor hoek impak, waar C9 6.76 uit 8 gekry het. Met swak verkeerslig en stopstraat dissipline, is die sy-impak 'n groot risiko vir Suid Afrikaanse bestuurders. Hier het C9 volpunte gekry: 4 uit 4.

Uitstekende kinderveiligheid

Jong kinders is besonder weerloos in 'n botsing, vanweë hul laer spierweefsel ontwikkeling wat die nek en kop ondersteun.

C9 se agtersitplek ontwerk en die aanwesigheid van talle lugsakke, het volpunte gekry vir kinderveiligheid. In 'n hoë energie sy-botsing (dink vragmotor/bus/taxi wat in jou vas ry), is van die gevaarlikste fisiologiese nagevolge ‘kop-teen-kop’ trefaksie tussen die agtersitplek insittendes. C9 het 'n lugsak op skouerhoogte, in die middel van die agtersitplek, om te verseker dat kinder of volwassenes wat langs mekaar sit, nooit koppe bots, in 'n ongeluk nie.

Sjinese motors se gewildheid in Suid Afrika is oorwegend as gevolg van prys en waarde. Maar die jongste vyfster botsingstoete uit Australië, bewys dat Sjinese luukse voertuie se diep strukturele ingenieurswese en veiligheid, werklik op 'n Europese en Amerikaanse standaard is.

Woorde en insigte deur Lance Branquiho