Selfs die kleinste Hilux nuus, is groot nuus. Hilux is Suid Afrika se mees gewilde voertuig, en een van die wêreld se mees bekende bakkies.

Maar die agste geslag Hilux is 'n dekade oud en al dit steeds 'n hoogs betroubare bakkie, is die tegniese eienskappe nie meer op standaard nie. Soos trommel agterremme. 'n Baie verouderde binneruim ontwerp. En enjins wat nie meer 'n verwysingspunt is vir krag en dieselverbruik nie.

Toyota besef dat dit 'n baie noukeurige balans is tussen torring met 'n wenresep. En voor die mededingers bly. Die negende geslag Hilux sal na bewering einde November, in Thailand, onthul word. Verwagtings om hierdie nuwe bakkie reeks, is enorm. Veral vir Suid Afrikaners. 



Prado van binne

Wat kan die bakkie mark verwag met van die nuwe Hilux se opgraderings? Daar kan met redelike sekerheid geskat word wat met die binneruim sal gebeur.

Verskeie van die Land Cruiser Prado se binneruim panele en eienskappe, sal waarskynlik oorgedra word na nuwe Hilux.

Dit is 'n knap vooruitsig vir Toyota aanhangers. Juis omdat die nuwe Prado binneruim 'n uitstekende balans tussen tegnologie en gebruikersvriendelikheid is; anders as baie ander modern voertuie, wat 'n swak binneruim skakelaar ervaring bied, vanweë die oorweldigende tikskerm tegnologie.

Ou of nuwe onderstel?

Nuwe Hilux se onderstel is waar gesoute Toyota bakkie ondersteuners dalk bietjie teleurgesteld kan wees. Dit sal 'n staal leerraam wees. Maar die sleutelvraag is of dit 'n klein opgradering van die huidige Hilux struktuur is. Of 'n korter weergawe van die Land Cruiser 300/Prado se GA-F onderstel.

Vir Hilux volgelinge sal 'n GA-F platform baie beter vering monteerpunte bied, wat veldryvermoë en grondpad ritgehalte sal verbeter.

Finansiële drukpunte tydens die negende geslag Hilux se ontwikkeling kan dalk verhoed dat die GA-F onderstel gebruik word.

Enjins is die ander sleutelpunt vir enige Hilux. Veral diesels. Die Hilux reeks het wêreldwyd 'n gevolg gebou vir hoogs betroubare turbodiesel enjins, wat heeldag 'n vrag kan sleep, in die strafste toestande.

Maar Hilux is hoofmededingers het baie meer gevorderde enjins en ratkaste. Toyota se sesspoed outomatiese ratkas is net nie meer glad genoeg, om goed te vergelyk met Ford en VW se tienspoed outomatiese ratkaste nie.

Toyota loop langpad met die 2.8

Die jongste leidrade uit 'n kern Hilux mark, Australië, is dat die nuwe Hilux 'n baie nouer enjin keuse kan bied. Patent dokumente wat ingedien is by die Australiese regering, lys slegs een kragbron vir nuwe Hilux: die beproefde 2.8-liter, vierssilinder, turbodiesel.

Toyota het oor die jare meer verrigting uit die 1GD-FTV enjin getoor. Toe die huidige Hilux die mark betree het in 2015, het daardie 2.8-liter diesel enjin slegs 130kW gelewer.

Die huidige Hilux 2.8 wek 150kW, met 165kW in die GR-S weergawe. Dit bewys dat die 1GD-FTV baie belofte het om nog meer krag te maak. Hoe baie belofte? Toyota bou ook 'n marine weergawe van die 2.8 turbodiesel, wat 186kW wek…

Maar die haakplek is dat dit blyk asof die nuwe Hilux reeks slegs die 2.8 diesel sal aanbied – vir eers. En dit kan 'n verhoogte intreevlak pryspunt beteken vir die enkel en dubbelkajuit weergawes. Iets waar die 2.4 diesel van groot waarde was, om Hilux se intreevlak prys meer bekombaar te maak.

Ratkaste is die ander tegniese raaisel. Outomatiese skakeling is nou 'n oorwegende keuse vir meeste dubbelkajuit bakkie kopers. Maar die huidige Hilux se sesspoed outomatiese ratkas voel traag en onverfyn. Veral vergelyking met Ranger en Amarok se 10-spoed outomatiese ratkaste, wat beter versnelling, laer dieselverbruik en baie gladder ratskakeling lewer.

Vir Toyota aanhangers is die hoop dat die agtspoed outomatiese ratkas wat nou in Prado 2.8 diesels dien, oorgedra sal word na nuwe Hilux.

Woorde en insigte deur Lance Branquinho