Suid Afrika en Australië het baie ingemeen. En dit is nie net rugby, krieket, mynbou en ‘n voorliefde vir die buitelug nie.
Australië se motormark en kopersvoorkeur is baie soortgelyk aan Suid Afrika sin. Met lang afstande, duisende kilometers se grondpad, stof en hitte, is Australië se bestuurstoestande die naaste aan Suid Afrika.
Maar die Australiërs is baie strenger op padveiligheid as Suid Afrika Veral ten opsigte van botsingveiligheid en voertuie se veiligheid gradering. Die Australiese botsingveiligheid toetssentrum is ANCAP, en die tegniese standaarde is baie hoog.
Suid Afrika het nie ‘n streng veiligheid gradering vir nuwe voertuie nie, om dit makliker te maak vir laekoste modelle om hier verkop te word.
Wat het verkeerd gegaan?
In die jongste ronde ANCAP toetse het Suzuki se gewilde Fronx ‘n sorgwekkende uitslag gelewer: slegs een ster uit vyf. Dit is ‘n besonder swak vertoning. Met Fronx wat 0% gekry het vir direkte voor-impak toets.
Maar die mees kommerwekkende insigte wat hierdie ANCAP toetse gelewer het, was ‘n agter sitplekgordel wat nie gewerk het nie. In die botsingtoets op ‘n Fronx, het die agter sitplekgordel verleng, pleks van styfgetrek, soos dit ontwerp is om te doen. Die nagevolg was agterpassasiers toets poppe wat vorentoe geslinger is.
Suzuki Australië het eienaars in kennis gestel dat passasiers vir nou nie agter in ‘n Fronx moet wees nie. Wat ‘n reuse veiligheid mislukking is vir ‘n motor wat klaar in die mark is.
Tegniese speurwerk deur Suzuki het die agtersitplekgordel fout beperk 249 Fronx eenhede, wat almal in 2025 gebou is. Maar dit skep baie vraagtekens oor die gehaltebeheer by Suzuki, wat onlangs VW verbygesteek het as Suid Afrika se gewildste passasiermotor maatskappy.
Woorde en insigte deur Lance Branquinho

