Sjinese bakkies is bekend vir lae pryse en hoe toerustingvlakke, maar JMC se nuwe Vigus stel nuwe bekostigbaarheid standaarde.
Die 2026 modeljaar Vigus is nou beskikbaar by JMC se 40 handelaars landwyd, met ‘n begin pryspunt van slegs R299 900. JMC wou in beginsel onder die sielkundige R300 000 pryspunt in die mark kom, om ‘n bemarkingsbewussyn te skep. Maar wat kry kopers werklik met die nuwe Vigus reeks?
Al die Vigus bakkies gebruik beproefde bakkie ingenieurswese beginsels: ‘n staal leerraam onderstel, met ‘n vaste agteras, ondersteun deur bladvere. Voor vering is onafhanklik, met kronkelvere.
Daar is altyd die verwagting dat Sjinese bakkies uitstekende digitale binneruim stelsels sal hê. JMC se Vigus het ‘n 9.7” tikskerm stelsel wat Apple CarPlay en Android Auto het.
Ou Defender enjin geleen by Ford
Maar wat van die prys punte, enjins en sleepvermoë? Almal tegniese kenmerke wat werklik van belang is vir Suid Afrikaanse bakkie kopers. Daai R299 900 bakkie is ‘n enkelkajuit handrat 4x2 en gebruik ‘n Ford Puma 2.4 turbodiesel enjin. Land Rover kenners sal die hierdie Ford Puma 2.4 enjin onthou, wat diens gedoen het in die Defenders van 2007 tot 2012.
In die JMC Vigus 4x2 enkelkajuit maak hierdie ouerige Ford 2.4 turbodiesel enjin 103kW en 310Nm. Wat baie gemiddelde syfers is vir ‘n moderne turbodiesel bakkie.
Die enkelkajuit se ratskakeling is deur 'n 5-spoed handrat. Dit is nie die wafferse keuse is vir lae diesel verbruik op die landpad nie, en die rede hoekom meeste ander handrat bakkies 'n 6-de rat het.
Kleiner enjin vir die dubbelkajuit
JMC se Vigus dubbelkajuit modelle is beskikbaar as ‘n 4x2 (R439 900) en 4x4 (R499 900), en gebruik ‘n ander enjin en dryfstelsel as die enkelkajuit. Die Vigus dubbelkajuit modelle gebruik ‘n kleiner Ford 2.0 turbodiesel enjin, wat ietwat beter syfers maak as die Puma 2.4.
Slegs beskikbaar met ‘n 8-spoed outomatiese ratkas, maak die Vigus dubbelkajuit bakkies se 2.4 turbodiesel enjin 104kW en 350Nm. Dit is gemiddelde syfers vir ‘n dubbelkajuit turbodiesel bakkie, maar nie te sleg in ag genome die prys punte onder R500 000 nie.
Die Vigus 4x4 dubbelkajuit het laestrekratte en ‘n agterste ewenaarslot, vir veldrywerk.
JMC mik duidelik vir waardekopers wat sukkel om by te hou met bakkie prys inflasie, maar die JMC Vigus bakkies het nie sterk sleepvermoë nie. Hierdie bakkies kan slegs 2000kg hak. Vir baie Suid Afrikaanse kopers wat bakkies gebruik vir sleep werk, nie as gesinsmotors nie, is so ‘n lae sleepgradering dalk 'n probleem.
Woorde en insigte deur Lance Branquinho

