Groote verandering wag op Suid Afrika se gewildste dubbelkajuit bakkie reeks vroeg in 2026.

Ford het aangekondig dat die Ranger se beskikbare kragbronne ‘n reuse verandering gaan ondergaan. Dit is nuus wat die bakkie mark gaan beïnvloed omdat dubbelkajuit kopers, anders as ander luukse motorkopers, baie gesteld is op die tegniese besonderhede van hul enjins.

Hilux is dalk Suid Afrika se beste verkoper, maar Ranger verkoop meer dubbelkajuit bakvorms. Daar is verskeie redes, onder andere die binneruim ontwerp, MySync slimfoon integrasie stelsel, en 10-spoed outomatiese ratkaste. Alles aspekte waar die verouderde Hilux dubbelkajuite tekortskiet.

Ford Ranger double cab on mountain road

Beste enjin word geskiedenis

Een van die hoofredes hoekom Ranger dubbelkajuit so gewild is, het die doen met die diesel enjin aanbieding. Veral die 2.0 BiTurbo diesel. Hierdie enjins het twee turboaanjaers en lewer oor die algemeen ‘n beter snelweg bestuurservaring as die groter Hilux 2.8 diesel. Boonop bied Ford ook ‘n 3.0 V6 turbodiesel, vir Suid Afrikaners wat sterker verbysteekvermoë soek op die snelweg, veral met ‘n volgelaaide dubbelkajuit bakkie se bak.

Maar gedurende die eerste helfte van 2026 verander alles. Die enjin wat in beginsel Ranger se gewildheid gebou het, daardie 2.0 BiTurbo diesel, word gestaak. En dit word nie vervang nie.

Vir Ranger aanhangers sal die 2.0 BiTurbo se aftrede ‘n groot skok wees. Dit is ‘n puik enjin, met uitstekende kraglewering en lae diesel verbruik. Maar die gebruik ‘n ‘nat’ tydreëling gordel, pleks van ‘n tydreëling ketting, het instandhouding en waarborg kwessies begin skep.

Ford Ranger Tremor towing off road trailer

Hoekom word die 2.0 BiTurbo gestaak?

Ford se amptelike rede vir die 2.0 Biturbo se aftrede is Euro7 diesel vereistes. Ingenieurs by Ford het bereken dat dit net veels te duur gaan wees om die 2.0 Biturbo te laat voldoen aan toekomstige uitlaatgas wette in Europa en ander markte met strawwe uitlaatgas reëls.

Met 2.0 Biturbo se aftrede, hoe gaan Ranger se enjin aanbieding vorentoe lyk? Die belofte is dat daar meer modelle gaan wees wat die kroon 3.0 V6 turbodiesel bied. Hierdie enjin is tot dusver beperk gewees tot die duurste Rangers.

Ford is die enigste vervaardigers wat ‘n V6 diesel aanbied die dubbelkajuit bakkie mark (tesame met die tweeling Amarok V6 diesel). Die verrigting voordele van ‘n V6 diesel is iets wat strek trekkrag het in die plaaslike mark, vir kopers wat gereeld sleep of met ‘n volgelaaide dubbelkajuit wil toer na Namie toe.

Maar of daardie 3.0 V6 beskikbaar gaan wees in die waarde weergawes van Ranger, soos die XLT, moet nog gesien word. Daar is ook redelik sekerheid dat enige Ranger model waar die 3.0 V6 ‘n 2.0 BiTurbo vervang, ook ‘n opwaartse prysaanpassing gaan kry.

Ford Ranger Wildtrak hill descent control

Wat as jy nog 'n 2.0 diesel wil besit?

Vir kopers wat nog ‘n 2.0 Ranger diesel wil bestuur sal daar ‘n verbeterde weergawe van die 2-litre enkel-turbo diesel wees. Die groot tegniese verbetering met hierdie enjin is dat die tydreëling gordel deur ‘n ketting vervang gaan word. Dit lig weereens die sluiervraag oor Ford se werklike redes vir die staking van die ‘nat’ tydreëlings gordel 2.0 BiTurbo enjinreeks.

Ford het nog geen kragsyfers bekend gemaak vir die nuwe 2.0 enkel-turbo diesel enjin nie, maar dit verski, in verrigting tussen die huidige enkel- en BiTurbo is groot.

Die 2.0 BiTurbo lewer 154kW/500Nm en die enkel-turbo slegs 125kW/405Nm. Al kry Ford se kragbron ingenieurs dit reg om die verbeterde enkel-turbo se enjinsyfers bietjie te laat klim, gaan dit steeds ver tekortskiet in vergelyking met die 2.0 BiTurbo, wat verreweg die gewildste enjinkeuse is vir Ranger dubbelkajuit kopers.

Vir bakkie kopers wat nie besorg is oor brandstofverbruik nie, is daar ook nou ‘n 2.3 turbopetrol enjin beskikbaar. Met 222kW bied hierdie petrol Ranger baie sterk snelweg verrigting en verbysteekvermoë, maar die brandstofverbruik is hemelhoog.

Ford se diesel enjin ommekeer gaan ‘n groot markinvloed in die plaaslike dubbelkajuit mark hê in 2026.

Getroue Ranger kopers sal hoop dat daar darem ‘n goedkoop 3.0 V6 turbodiesel model iewers in die nuwe kooplys gaan verskyn.

Woorde en insigte deur Lance Branquinho