• Bakkies is die mededingendste voertuig segment in Suid Afrika.
  • Toyota is die enigste vervaardiger wat twee bakkie modelle in die top 5 kon behaal, na al die 2025 verkoop syfers getel is.
  • Maar wat is daar te leer uit die data van daai top 5 bes verkopende bakkies van 2025?

Dele van die plaaslike ekonomie het dalk gesukkel in 2025, maar voertuigverkope was hoër as in 2024. Die belangrikste voertuig segment was werklike ekonomiese gesondheid wys, is bakkies.

Van wildplaas voertuie wat toeriste van lughawe na lodge neem, tot tegniese spanne wat wildplase se turbines oprig, is bakkies orals in die werklike ekonomie betrokke. Dit is hoekom bakkie verkope 'n baie beter beeld skets van wat in die werklike motormark aangaan.

Die syfers vir 2025 is in, en die vyf gewildste bakkies is voorspelbaar. Maar wat beteken elkeen van die top vyf mees gewilde bakkies werklik vir die Suid Afrikaanse motormark, breë ekonomiese insigte, en hoe dit vooruitbeplanning vir die bakkie mark beïnvloed.

Een van die grootste verassings, is dat geen Sjinese bakkie, by die top vyf kon inbreek nie. Ten spyte daarvan dat Sjinese voertuie in die breë, 'n reuse invloed in die Suid Afrikaanse passasiers motormark gehad het.

Toyota Hilux

Toyota Hilux Legend 55 in brown off road

Vir dekades al Suid Afrika se mees suksesvolle verkoper. En ten spyte daarvan dat die nuwe Hilux laat in 2025 onthul is, het dit niks aan die vraag na die ‘ou’ Hilux verlede jaar gedoen nie.

Toyota se mees winsgewende plaaslike voertuigreeks het nie die beste tegnologie, ontwerp en bestuurservaring nie. Maar daar is 'n reuse verskeidenheid modelle, van intreevlak enkelkajuit bakkies met staal wiele tot luukse dubbelkajuit modelle.

Toyota het amper 'n derde meer Hilux bakkies verkoop, as wat Ford Rangers in die mark kon afsit. Ons insig? Prys en tegnologie is minder belanglik vir Suid Afrikaanse bakkie kopers as betroubaarheid en nadiens ervaring. Ranger bied 'n beter bestuur en passasier ervaring as Hilux, maar die Toyota bakkie se reputasie vir betroubaarheid, en die reikwydte van daai reuse handelaarsnetwerk, maak meer saak.

Ons verkoop die beste nuut of gebruikte Toyota Hilux bakkies. Soek hier...

Ford Ranger

Ford Ranger Wildtrak in Kalahari

Die groot nuus vir Ranger in laat 2025, was die skokaankondiging dat die gewilde hoëkrag 2.0 Bi-turbodiesel enjin in 2026 uittree. Dit is 'n slag vir Ranger, omdat daar voortaan 'n groot leemte in die modelreeks is, ten opsigte van enjin keuses wat direk met die Hilux 2.8 kan meeding op verrigting en prys.

Ranger se bestuursgemak, voorkoms, en binneruim is sterk kenmerke van die Ford bakkie. Dit het beter agtersitplek gemak as meeste mededingers. Al verkoop Toyota meer Hilux bakkies in geheel, verkoop Ford steeds meer dubbelkajuite, wat bewys is van hoe gemaklik die Ranger binneruim is as ware gesinsvoertuig.

Dit is noemenswaardig dat Ford se Ranger Australië se mees gewilde bakkie is. Waar dit meer as die Hilux verkoop. Australië het 'n baie soortgelyke mark aan Suid Afrika, met bakkie bestuurders wat swaar sleep en baie sinkplaat grondpaaie ry, in digte stof en hitte.

Ons verkoop die beste nuut of gebruikte Ford Ranger bakkies. Soek hier...

Isuzu D-Max
 

Isuzu D-Max 45 Edition in Orange with canopy and black wheels in African mountains

Isuzu is soos Vrystaat rugby: niemand het enigiets sleg daaroor te se nie. Die Japannese vervaardiger het ? erfenis war oor dekades op plase gebou is in Suid Afrika.

Soos Hilux en Ranger, het Isuzu 'n baie breë reeks bakkies. Met alles van aflewerings bakkies tot luukse 4x4 modelle. Die enjins het 'n verdiende reputasie vir betroubaarheid, al is Isuzu se kragsyfers en tegniese kenmerke nie heeltemal op 'n Ranger se vlak nie.

Isuzu Suid Afrika maak verstelling tot die D-Max se vering vir plaaslike toestande. So, vir kopers wat sinkplaat grondpad ry, is 'n D-Max se ritgehalte 'n groot aantrekking.

Dan is daar ook die voordeel van D-Max wat 'n baie laer diefstal en kaping risiko het as Hilux of Ranger... Iets wat van meer waarde is vir baie bakkie kopers as die Isuzu se laer enjinkrag.

Ons verkoop die beste nuut of gebruikte Isuzu D-Max bakkies. Soek hier...

Mahindra Pik Up

Mahindra Pik Up Karoo edition with 4x4 upgrade in black

Die slim bakkie koper se winskoop Land Cruiser 79. Lof kom nie hoër nie.

Mahindra se Karoo dubbelkajuit S11 Pik-Up bakkies kom met alles wat ‘n veldryers begeer, as standaard. Staal buffers en 265/75/16 veldry bande maak hierdie bakkies reg vir daai Namibië vakansie, reguit van die Mahindra handelaar se vloer af.

Uitstekende waarde met ‘n redelik gemaklike en goed toegeruste binneruim. Mahindra se 2.2-liter turbodiesel enjins is redelik betroubaar en maak net-net genoeg krag om te kan langpad toer.

Boere ken bakkies die beste en jy sal menigte van hierdie Karoo-weergawe Mahindra in diens sien, in die egte Karoo en Kalahari. Wat getuig van hul gehardheid en gewildheid.

Ons verkoop die beste nuut of gebruikte Mahindra Pik Up bakkies. Soek hier...

Land Cruiser 79
 

Land Cruiser 79 double cab in gray in quarry

Jy sal dink dat een van die Sjinese bakkie modelle, of dalk iets soos die Nissan Navara, die vyfde mees gewilde bakkie in Suid Afrika sou wees. Maar jou sou verkeerd wees...

Maar Toyota se stokou Land Cruiser 79 dubbelkajuit, was in 2025 die vyfde mees suksesvolle bakkie. Dink so daaraan: hierdie Land Cruiser bakkies, met tegniese eienskappe uit die 1980s en 1990s, het meer verloop as die GWM P-Reeks of Nissan se Navara.

Hoe kan Toyota steeds so goed doen met die 79 dubbelkajuit? Dit het 'n beknopte en ongemaklike binneruim. Pad en windgeraas wat jou 'n kopseer waarborg op die langpad. Baie swak remme en 'n vernoude agteras, wat lelik bokspring op grondpaaie. En die Land Cruiser 79 se botsingveiligheid is lagwekkend swak.

Maar vir boere, wildbestuurders, jagters en tegniese spanne wat diep in die Karoo, Kalahari, of Bosveld werk moet doen, is 'n Land Cruiser 79 steeds die bakkie wat werk. En aanhou werk. Met min elektroniese weerloosheid.

Ons verkoop die beste nuwe of gebruikte Cruiser 79 bakkies. Soek hier...

Woorde en insigte deur Lance Branquinho